Man sterf tydens kitsbankrooftog in Marble Hall

Die kitsbank wat opgeblaas is. Foto: SAPD

Die kitsbank wat opgeblaas is. Foto: SAPD

ʼn Veiligheidswag is Maandagaand dood en een is gewond nadat kitsbankrowers by ʼn winkelsentrum in Marble Hall, Limpopo, op hulle losgebrand het.

Kol. Ronel Otto, ʼn woordvoerder van die polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn onbekende hoeveelheid mans het laat Maandagaand ʼn Standard Bank-kitsbank opgeblaas.

“Die veiligheidswagte het die rowers onderbreek en ʼn oor-en-weer-skietery het begin,” het Otto gesê. “Een van die wagte is op die toneel dood. Die ander een is na ʼn hospitaal geneem en is in ʼn stabiele toestand.”

Die rowers het met drie voertuie van die toneel gevlug voor hulle enige geld kon steel. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord, en poging tot gewapende roof.

Die naam van die oorledene kan nog nie bekend gemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Francois ·

Nou vra ek met trane in my oë…hoe kon die veiligheidswagte nie net EEN van die rowers skiet nie. Is die rowers beter opgelei as die veiligheidswagte in die land om wapens te hanteer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.