Man sterf tydens skietery by polisiestasie

Mfuleni-polisiestasie (Foto via Twitter)

ʼn Man, wat ʼn metropolisiebeampte met ʼn mes aangeval het, is Sondag doodgeskiet by die Mfuleni-polisiestasie in Kaapstad.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in Stad Kaapstad, het gesê ʼn metropolisiebeampte was omstreeks 11:30 by die polisiestasie besig om ʼn dossier te registreer, toe ʼn lid van die publiek opgedaag het.

“Die man het ontstoke voorgekom en aangedui dat hy in hegtenis geneem wil word,” het Smith verduidelik. “Hy wou met die metropolisiebeampte praat, maar het ʼn mes te voorskyn gebring en die beampte twee keer in die bors en een keer in sy linkerarm gesteek.”

Die beampte het gereageer en drie skote met sy dienspistool afgevuur. “Die man is noodlottig gewond. Twee ander siviele persone is beseer, albei in hul regtervoet, weens opslagkoeëls.”

Die metropolisiebeampte is na Bellville Melomed-hospitaal geneem vir verdere behandeling en sal berading ontvang.

Een van die twee persone wat in die voet beseer is, is na Tygerberg-hospitaal geneem vir behandeling. “Ons wens albei ʼn spoedige beterskap toe.”

Smith het bevestig die polisie en die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die voorval.

“Die stad sal sy volle samewerking gee om seker te maak dat die ondersoek bespoedig word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JV ·

Eish! ‘n Opslagkoeëls in die regtervoete?
Dit is eienaardig.

Cherokee ·

Nie regtig nie, as die koeëls reg langs hul skoene die vloer getref het. En almal, selfs die heel linkse politici in die land, het regtervoete.

Duitser ·

As dit so is het die metro polisie beampte reg opgetree, dan wil ek vra wie gaan met n mes na n polisie stasie om gewapende polisie beamptes aan te vat.Die anderkant is ook weens die onbevoegdheid en useless polisie is kriminele banger vir n polisie hond as vir 12 polisie manne.

Sekuriteit ·

By ons is die polisiestasie se heining gedeeltelik plat, hekke staan oop en daar is dus 24 uur toegang.

zoom zoom ·

Sekuriteit. Jy praat van die polisie stasie by ons. Waar in SA is “By Ons”? ???

Daan ·

Die moot polisie stasie het eers gespog met pragtige tuine en goed instand gehoude geboue nou het die tuin in n vullishoop verval en die aanklag kantoor lyk of dit in somalië of sirië hoort na die VSA dit gebomandeer het , totale verval en agteruitgang.

JV ·

Cherokee, teen watter hoek moes die koeël afgevuur gewees het om met die opslag die voet te kon tref. Dit kon nie ‘n opslagkoeël gewees het nie.
Die “langs ………die vloer getref het” waarna jy verwys is juis wat die opslag teweeg gebring het. Dit is irrelevant. Wat relevant is, is die hoekgraad. Go figure!

Awie Opperman ·

‘n Ou gesegde is weereens waar bewys.: “Don’t take knife to a gunfight”.

Hannes ·

JV natuurlik kon dit opslagkoeëls wees. Ongeag die hoek waarteen die projektiel die vloer tref en verlaat (invalshoek = uitvalshoek), as die weerkaatsende projektiel naby genoeg aan die objek (voet) is, kan die lg tref. Wat my laat wonder is, hoe weet hulle dit was opslagkoeëls en nie direkte skote nie? Of ‘n ballistiekkenner die toneel ondersoek het? Die hoek, posisie en hoogte van die wapen en objekte (voete) wat getref is toe die skote gevuur is, asook die ingangs- en uitgangswonde in die voete is belangrik om dit te bepaal, maar vir ‘n voorval soos hierdie twyfel ek of dit relevant is. Die metrobeampte hat uit selfverdediging opgetree teen die aanvaller en as iemand per abuis raak geskiet is, moet hulle maar siviele stappe neem, dit was mos nie met opset nie

Colleen ·

Hoop hy herstel vinnig en goeie werk. Raak ontslae van kriminele. Darm het hierdie man patrone en is die nie soos sommige speurders wat nie patrone vir vuurwapens het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.