
Die skietery het Sondagaand naby die N1 uitgebreek (Foto: Verskaf)
’n 47-jarige man is Sondagaand doodgeskiet in ’n skietery naby die N1 City Mall in Kaapstad.
Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie in Kaapstad, het die skietery Sondag omstreeks 18:25 op die hoek van Giel Basson- en Frans Conradie-rylaan in Kaapstad uitgebreek.
Van Wyk sê ’n saak van moord is aanhangig gemaak. “Die polisie volg alle leidrade op.”
Die polisie doen ’n beroep op die publiek om die ondersoekbeampte, lt.kol. Charl Kinnear te bel by 071 673 1575 indien enigiemand enige inligting oor die voorval het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Volgens ander berigte was dit n “hit” gewees.
Ek wonder of daar nog enige kriminele in suid afrika is wat bang is of respek vir die sapd het.