Man sterf tydens skietery in Kaapstad

Die skietery het Sondagaand naby die N1 uitgebreek (Foto: Verskaf)

’n 47-jarige man is Sondagaand doodgeskiet in ’n skietery naby die N1 City Mall in Kaapstad.

Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie in Kaapstad, het die skietery Sondag omstreeks 18:25 op die hoek van Giel Basson- en Frans Conradie-rylaan in Kaapstad uitgebreek.

Van Wyk sê ’n saak van moord is aanhangig gemaak. “Die polisie volg alle leidrade op.”

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om die ondersoekbeampte, lt.kol. Charl Kinnear te bel by 071 673 1575 indien enigiemand enige inligting oor die voorval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pan ·

Ek wonder of daar nog enige kriminele in suid afrika is wat bang is of respek vir die sapd het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.