Man sterf tydens skietery in Lyttelton

Argieffoto (Foto: monitor_net/Twitter)

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Maandag dood en nog ʼn man beseer tydens ʼn skietery by ʼn taxistaanplek in Lyttelton, Centurion.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die taxistaanplek is op die hoek van Bothalaan en Stasieweg geleë. Paramedici het omstreeks 11:00 by die toneel opgedaag.

“ʼn Man het ʼn skietwond in sy bors opgedoen en geen teken van lewe getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring verduidelik. “ʼn Tweede man het ʼn geringe vleeswond aan sy rug opgedoen. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

leser ·

ek glo die skietery was weer gedoen met onwettige wapens, waars saps, doen jul werk behoorlik

Bert ·

Jitte man, daar is mos baie belagriker nuus soos die ou RSA vlag en so meer.

Maro ·

Ag tog Bert…voel jy nou beter. Onthou ander kulture voel maar so oor jou ook…so julle het iets in gemeen. Jammer dat geweld so toeneem…dit bly tragies.

Bert ·

Maro, ek het dit mos duidelik ‘tong in die kies’ bedoel!

Werner ·

Maro voel jy nou beter ander kulture berig nie eers oor plaasaanvalle in hulle koerante of radio stasies nie so hierdie is nie vir ons nuuswaardig nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.