Man sterf vermoedelik as gevolg van polisie-optrede

Soshanguve (Foto verskaf deur Opod)

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) sal ondersoek instel ná ʼn man gesterf het, vermoedelik as gevolg van polisie-optrede naby die polisiestasie in Soshanguve, noord van Pretoria.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het gesê die besonderhede is nog nie duidelik nie. “Na bewering was beamptes, geklee in uniform, besig met misdaadvoorkoming in die straat naby die polisiestasie. Daar was ʼn groep jong mans wat onwettige CD’s/DVD’s verkoop het. Die polisiebeamptes het hulle genader en die jong mans het in verskillende rigtings weggehardloop. Een van die jong mans het geval en gesterf.”

Dlamini het gesê ʼn Opod-ondersoekbeampte het gesukkel om by die toneel uit te kom, omdat inwoners van die gemeenskap die pad versper en buitebande aan die brand gesteek het. “Beamptes van die eenheid vir openbare orde en die honde-eenheid moes die Opod-beampte vergesel en in daardie stadium is die jong man se liggaam reeds na Ga-Rankuwa se staatslykshuis geneem,” het hy bygevoeg.

Opod se ondersoekbeamptes sal weer die toneel besoek om te bepaal of daar enige ander ooggetuies is. “Die nadoodse ondersoek sal na verwagting Maandag gedoen word en Opod-ondersoekbeamptes sal dit bywoon.”

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jack ·

Hardloop weg, val en sterf? Klink ‘n bietjie dik vir ‘n daalder.

Staak saam ·

Hoe lekker lag ek vir die opskrif wat misleidend is, hy is nie dood agv die SAPD se optrede nie, die SAPD het bloot op sy optrede geriageer, sy optrede is die oorsaak van sy dood…..lol

HENK DU TOIT ·

Vraag nommer een. Waarom weghardloop as jy niks verkeerd gedoen het nie? Dit is tipies SA. Iemand wie weghol vir die polisie en vir hom dan desm@#rs val kan nie skuldig wees nie, O NEE! Geen wonder daar is nie respek vir die Polisie nie. Vraag nommer 2. Het die man dan nie omkoopgeld by hom gehad nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.