Man sterf vier dae ná aanval op kleinhoewe

hamerHannes Kelly (52) van Levubu in Limpopo is Sondag in die hospitaal oorlede nadat hy Donderdagmiddag op sy kleinhoewe deur drie gewapende mans aangeval is.

Kol. Ronel Otto, ʼn woordvoerder van die polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Kelly is Donderdag omstreeks 17:00 buite sy huis oorval. Hy het ʼn winkel besit en ook ʼn kroeg op die kleinhoewe bedryf.

“Sy aanvallers het hom onder andere met ʼn hamer in sy gesig geslaan, hom in die huis in gedwing en R20 000 uit sy kluis gesteel, waarna hulle hom vir dood agtergelaat het,” het Otto gesê. “Kelly is ernstig beseer en het vir twee dae lank ná die aanval in sy huis gelê en kon nie hulp ontbied nie, aangesien sy selfoon gesteel is.”

ʼn Vriend het Saterdag op hom afgekom, waarna hy na ʼn hospitaal in Makhado (Louis Trichardt) geneem is. Kelly het Sondag aan sy beserings beswyk.

Volgens Otto kon Kelly aan die polisie beskryf wat gebeur het, voor hy gesterf het. “Hy het een van sy aanvallers herken. Die polisie is besig om alle leidrade op te volg,” het sy gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is teen Dinsdagmiddag nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marlene Lottering ·

Wreedaards, mens het sowaar nie meer woorde om hierdie moordenaars mee te beskryf nie.

Gideon Erasmus ·

Ek veroordeel die aanval, maar kan mens nog so dom wees om in vandag se tyd ‘n besigheid te bedryf van jou huis en dit dan nog ‘n drankwinkel!

Esther Bloem ·

Dit onaanvaarbaar dat ons mense weens politieke geskille die prys moet betaal vir hul gestremdheid in hul power opvoeding en in leierskap met geen waardes van C.E.P.S

Sanet ·

Is dit nie weird nie, even nadat hy vir hulle gese het dat hy een van sy aanvallers herken het is nog niemand in hegtenis geneem nie? En dit mense is wat ek goeie polisie werk noem? Baie jammer dat hy sy lewe moes verloor deur satanskinders!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.