Man sterf vier jaar na kleinhoewe-aanval

Braam Blignaut in die hospitaal.

“My kind wou so graag lewe. Hy wou so graag sy seuns sien grootword het.”

Só het ʼn emosionele Gerda Herbst gesê nadat haar seun, Braam Blignaut (38), Saterdag oorlede is, net meer as vier jaar nadat hy tydens ʼn kleinhoewe-aanval geskiet en verlam gelaat is.

“Ek het so baie vir my kind gebid, gebid dat hy gesond sal word. My brein wil nog nie aanvaar dat hy weg is nie, maar ek weet hy is nou sonder pyn.”

Blignaut, ʼn pa van vier seuns, het na die aanval gereeld met sy gesondheid gesukkel. Hy het verskeie kere erge drukwonde opgedoen en is later met osteomiëlitis, infeksie van die been en beenmurg, gediagnoseer. Dit het daartoe gelei dat albei sy bene geamputeer is – eers sy regterbeen twee jaar gelede en in Junie vanjaar sy linkerbeen.

“Hy het na sy linkerbeen geamputeer is, gedink sy probleme is verby, maar dit was nie.” Volgens Herbst het haar seun die afgelope ruk ʼn hoë koors gehad en ʼn abses ontwikkel.

Hy het ook infeksie gehad en die osteomiëlitis het sy pelvis begin beïnvloed. “Hy is op morfien gesit, want hy was in geweldige pyn.”

Herbst was Donderdag by haar seun in die hospitaal. “Hy het regop gesit en met my gesels. Ek het die dag voor dit eers uitgevind my seun is besig om dood te gaan. En toe kry ek [Saterdagoggend] die oproep van my skoondogter: ‘Mammie, Braam is weg’.”

Dit word in die stadium vermoed dat Blignaut se niere ingegee het, maar daar word nog op die uitslag van die nadoodse ondersoek gewag.

Blignaut, sy vrou, Izulda, en hul vier seuns is op 10 Julie 2015 op ʼn kleinhoewe in die Buffelsfontein-omgewing buite Rustenburg in Noordwes deur twee gewapende aanvallers oorval. Blignaut is drie keer in sy bolyf geskiet en was sedertdien heeltemal verlam in sy onderlyf.

Die gesin het hierna na ʼn huis in Rustenburg getrek. Blignaut het sy werk as mynvoorman verloor en hy en sy gesin is in finansiële probleme gedompel. Hy het ook nie ʼn mediese fonds gehad nie en was van skenkings afhanklik.

“My kind het na die aanval nader aan God begin lewe. Ek weet hy is in die Hemel.”

Blignaut word Vrydag om 12:00 uit die Gereformeerde Kerk Rustenburg-Wes begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

JohanR ·

En soe word die blankes een vir een in die nuwe Suid Afrika uit gevat. My innige simpatie aan die familie. Die man het ‘n lang en pynlike stryd gevoer….

Lida ·

Dis so hartseer hoe verwerk n mens dit sonder om te haat. Dis n Pa van jong kinders, n vrou sonder haar lewensmaat. Dis tyd dat hierdie mense in die parlement waker moet word, maar nee hul word beskerm en gee net niks om ni.

Blommie ·

Hoekom, Hoekom? moet sulke goed gebeur, n gesonde man se lewe so in oogwink verander word deur n plaasaanval.
Ek voel so jammer vir sy geliefdes en jammer sy lewe moes so eindig.

Joke! ·

Miskien moet die boere ophou boer en dan sal hul maar kry wat hul toekom!!Dit is hoe ek tans voel elke keer ek lees wat hul aan ons blankes daar doen!

jakes ·

Innige medelye met die gesin. Misdadigers in SA floreer terwyl baie min aangekeer word of gevonnis word vir afskuwelike dade soos hier genoem. N hele fmilie se lewe is verwoes en is die gesin in armoede gedompel. Mag die Skepper hulle help om op te staan.

Margaret ·

Verskriklik hartseer! Ek haat die land, sy wreedaards..Sterkte vir julle!

Lizelda ·

@Margaret daar is niks fout met ons land self nie dit is die mense wat van die eens paradys van n land n hel hool gemaak het. Alle wat verkeerd en lelik is is “all thumbs up” en alles wat eens gewerk het moet nou tot niet gaan. So jammer vd familie se verlies en pyn…

Oujongvrou ·

Margaret my gevoel ook. Haat groei daagliks in my. Dit vreet my op!!!!!

Janee ·

Dis hoekom die NSDAP hulle land wou suiwer jare terug. Mens sit nou met hierdie gemors

Susan vl ·

Moet nie ons land haat nie. Dit is agv die bose en hulle bose magte.
Ek onthou nog die aanval, so hartseer en so tragies.
Mag God met sy vrou en kinders wees tot in lente van dae. Amen

My Stem ·

My hart huil saam met julle! Dit is SO hartseer!! My gebed is dat Jesus self julle sal vertroos en sal dra deur moeilike tyd! Liefde.

christine ·

Hoekom, hoekom kinders sonder n pa n vrou sonder haar lewensmaat en regering doen niks en hul beskerm die skelm vandag. Baie sterkte aan vrou kinders en ouers vriende so hartseer maar hy verlos van pyn .So hartseer

se net ·

En dan moet ons liefhe en goedgesind wees, as jy so iets lees. Mag die Here my vergewe vir die gedagtes wat ek soms koester.

WESKUS NOOI ·

Sê net, ek stem met jou saam.
Ek dink nie jy is al een wat so voel nie.

Mag ons Hemelse Vader ons bewaar. Die vyand weet sy dae is min, ongelukkig kies hy ook kom deur mense te werk.

Ons moet net bid en waaksaam wees! Help nie ons bid net en doen niks van ons kant af nie.
Wees paraat, bring jou kant, beveilig jou en jou huis, leer jou kinders om waaksaam te wees!

Deloris ·

Ons innige diep simpatie aan hierdie gesin. Mag God julle optel en omvou met Sy liefde en krag. Ek onthou hierdie geval dit het my Baie diep geraak. En onlangs is skenkings gevra vir hierdie gesin. Wees sterk met God se krag en grade.

Asmain ·

Ai dis so hartseer. Sterkte aan sy familie. Dit maak mens bitter dat n slagoffer van misdaad geen finansiele bystand van die regering ontvang nie maar n krimineel kry behandeling by privaat hospitale met ons belasting betalers se geld…

Joke! ·

Plaasaanval moet mos nou plaasmoord wees! Die betrokkenis al gevang? Al gevonnis? Verandering moet nou gepas wees met moord tronk straf reg?

Tammy ·

Hou die regering veranwoordelik vir al die mediese onkostes. Hulle laat die landsburgers in die steek deur nie op te tree teenoor huisrowers en ander misdadigers nie. Dagvaar hulle sommer om vir die man se gesin ook te sorg!!!!

Tersia ·

Tammy ek stem saam. Elke mens of gesin wat n plaas aanval en plaasmoord beleef het moet die regering dagvaar vir die mediese koste begrafnis en die kinders se opvoeding tot hulle klaar is met universiteit. Sommer nog vir pyn en lyding ook.

Waarheid ·

Ja vriend, jy is reg as dit een van die merderheid was het hy ‘n huis en 10 miljoen rand gerjry vir al sy leiding. Ons…word voor die voet uitgemoor.

@Baardman ..Whata joke! ·

Weet jy wat God met die Farao laat gebeur het? kom ons noem sommer die Sonvloed ok by net om n paar te noem..God die almagtige volgens die bybel laat nie met hom die gek mee dryf nie…my innige simpatie aan die familie en vriende van Braam..Moet se ek veg ok hard om nie te haat nie…Maar die gevalle wys n mens hoek siek Suid Afrika is met die Malemas en Andiles wat se moor die blanke en niks word gedoen nie…

Veer ·

Hierdie is so hartseer, rus in vrede Braam. Sterkte aan die familie, ek wens ek kon vir elkeen van julle ñ stywe druk gee.

Anoniem ·

As die aanval daartoe gelei het dat Braam naby aan God begin leef het, het daar wel iets goeds (iets wonderlik!) uit al die hartseer gekom. Ons lewe maar kortstondig hier op ‘n gebroke aarde. Braam is VIR EWIG opgeneem in hemelse heerlikheid. Waar gaan sy aanvallers VIR EWIG wees?

Dink bietjie hoe lank is VIR EWIG…

WESKUS NOOI ·

Innige Simpatie met sy vrou en 4 seuns, ouers en naby familie.
Mag God julle troos met die wete dat hy nou nie meer pyn het nie.

Onthou die goeie tye en weet julle gaan hom eendag weer sien.

God slaap nie, sulke mense sal gestraf word, ek dink God se wraakemmer loop lankal oor, want meeste van die mense het geen berou nie en sal ook nie bely dat hulle foutteer het nie.

Baardman ·

sg Weskus nooi wat praat jy van God se wraakemmer loop al oor sover my kennis strek is my God ‘n God van liefde en nie haat nie.

Anoniem ·

Romeine 12:19 “Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: Dit is mý reg om te vergeld, sê die Here.”

God haat die sonde.

Penellope Jones ·

Sjoe, dit is oneindig hartseer.
Baie voorspoed en gebede aan sy geliefdes.

Han ·

Baardman, God is wel ‘n God van liefde, maar ook ‘n regverdige God. HY sê in sy Woord: “… aan My kon die wraak toe, EK sal vergeld, sê die Here. Wat die mens saai, sal hy ook maai.” God straf die sonde.

Kornel ·

n Mens dink dat so iets mens nie sal raak nie.. Braam se seuntjie is in my meisiekind se klas. Dit raak selfs die kinders, sy maatjies. Moetnie die land haad nie, die mense wat vol haad rond loop op die grond van Jesus, mense sonder Jesus in hulle harte maak die land se naam sleg. Ons bid dat die Here saam met die familie sal wees en ook saam met seuntjie se maats. Mag Die Here Sy gond Heilig en die mense op Sy grond tot omkeer bring. Amen

Maria ·

Dit ruk my hart. Hierdie man se lewe is in n oogwink verander. Hy het oorleef maar daarna soveel lyding. En ek kan net dink hoe dit sy vrou & kinders en familie se lewens ook geraak het en steeds raak. Kan Afriforum nie n fond stig wat slagoffers met hul mediese kostes kan help nie? Ek glo daar is baie mense wat ietsie sal wil bydra ?

What a joke! ·

Miskien gofundme ..ek sal skenk om hul familie te help..as almal net ietsie klein gee sal dit hul as n familie mos help! Ai ek hartseer vir kinders veral….Dit is mos nie reg nie…Kan maroela miskien n go fundme page stig vir die familie en dit bekend maak sodat ons kan weet asb Maroela die mensr het help nodig?

ANNE-MARIE ·

Hoekom is daar nie al 2015 ‘n fonds gestig om hierdie arme gebroke geskokte jongmense te kon help nie…Hoeveel bekommernis moes Braam nie gehad het nie…die broodwinner eens is hulpeloos en sy vroutjie het hom getrou bygestaan en vier klein kindertjies wat versorg moet word en nogsteeds….Vir ‘n petroljoggie miljoene ingesamel maar vir hierdie stukkende mense niks van nêrens….Doen dit so gou moontlik want ek glo dat daar mense is wat omgee en by sal dra om hulle te kan help en by te staan….Wat van kerkinstansies ook…Ek gee mos my tiendes en waar gaan dit heen deesdae?

Sunette ·

As mamma en vrou wil ek vir Braam se ma en vrou en kinders net se ek dink aan julle. Ek wil myself nie Indink die pyn waardeur julle gaan nie. Dis so onnodig en sinneloos. Mens raak kwaad, ek is kwaad. Gebede en liefde is met julle. MAG DIT WAT HULLE VERDIEN HULLE TOEKOM

Elvira ·

Innige innige simpatie. Eis by die Regering n klomp geld. Dis hulle onvermoeë om hierdie lan d
veilig te hou wat al hierdie miadaad veroorsaak.

Johanna Botha ·

Teveel mense regte en nou is dit wat gebeur en die polisie is uselesss verby !

Sharmane ·

Ons het n nuwe Goverment nodig om weer wet en orde in ons land te kry. Ons Suid Afrikaners lewe in n wetelose land. Alles is lankal “out of control”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.