Man sterf, vrou en kind kritiek ná botsing

Foto: ER24

ʼn Man is dood en twee ander kritiek beseer tydens ʼn trompop botsing Vrydagaand op die R24 naby die Krugersdorp-natuurreservaat.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die wrakke van ʼn motor en ʼn bakkie in die middel van die pad aangetref. “Albei voertuie het erge skade in die botsing opgedoen,” het hy gesê.

“Paramedici het ʼn man, vrou en ʼn kleuter in die motor gevind. Die man, wat in die motor vasgekeer was, het veelvuldige beserings opgedoen en het geen tekens van lewe getoon nie. Daar was niks wat vir hom gedoen kon word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Meiring het gesê die vrou en die kind was albei in ʼn kritieke toestand. Paramedici het die pasiënte versigtig uit die wrak verwyder en hulle op die toneel gestabiliseer. Hulle is albei per helikopter na nabygeleë hospitale geneem.

Volgens Meiring is die bestuurder van die bakkie deur ʼn ander ambulansdiens op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem. Dit is nie duidelik wat die aard van dié pasiënt se beserings was nie.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bloedtoetse ·

Ekhoop bloedtoetse was gedoen, veral van die bakkiebestuurder

Potholes ·

En iemand moet kyk hoe baie potholes daar in die pad is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.