Man sterf, vrou kritiek ná ‘kaping’

Die man is met ‘n helikopter na ‘n hospitaal geneem. (Foto: Twitter)

ʼn Man is dood en ʼn vrou ernstig gewond in ʼn oënskynlike kapingsvoorval in Witpoort in Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die skietery het Dinsdag op die hoek van Hoof- en Ashweg in Kyalami plaasgevind.

“Paramedici het ʼn man en ʼn vrou, albei vermoedelik in hul 50’s, in ʼn motor aangetref. Paramedici het hulle uit die voertuig gehaal, ondersoek en daarna bevind dat hulle verskeie skietwonde opgedoen het. Hulle was in ʼn bedenklike toestand,” het Meiring gesê.

Nadat daar op die toneel probeer is om die pasiënte te stabiliseer, is die vrou met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem, terwyl ʼn private mediese helikopter die man vervoer het.

“Hy het ongelukkig aan sy beserings gesterf. Daar kon niks verder vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar,” het Meiring gesê.

Volgens hom ondersoek die polisie die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bella ·

Kan iemand vir my se hoekom word net een pasient per helikoper vervoer? Kan helikopter slegs een pasient neem?
Baie jammer aan almal wat geraak word…

CJ ·

Stem saam, Christine. En die hartseer is: hierdie “geval” is môre vergete en net nog n regmerkie in n statistiekboek …

Amanda ·

Wanneer Liewe Heer, gaan die slagting op ons witmense eindig? My hart gaan uit na die familie. Mag die Liewe Heer julle dra deur die donker tyd.

Onnodig ·

As dit n kaping was, hoekom is die voertuig nog daar met die mense in? Hulle is bloot geskiet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.