Man sterf wat buurvrou van kapers wil red

Paramedici het Donderdagoggend die man stabiliseer (Foto: Verskaf)

Die 50-jarige man van Durban wat Vrydagoggend in ʼn bedenklike toestand na ʼn hospitaal in die stad gevlieg is nadat ʼn kaper hom in die kop geskiet het, het aan sy wonde beswyk.

Volgens die polisie het die man sy buurvrou te hulp gesnel toe twee gewapende mans haar buite haar huis oorval het.

Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die buurvrou het omstreeks 06:10 haar voertuig buite haar huis op die Inwabipad in Isipingo, in die suide van Durban, geparkeer, waarna twee gewapende mans haar omsingel het.

Hulle het glo haar motorsleutels geëis.

“Die vrou het om hulp geskreeu en haar buurman het na buite gehardloop om ondersoek in te stel,” sê Gwala.

“Die verdagtes het gesien die oorledene het ʼn vuurwapen by hom en het hom in die kop geskiet. Hulle het sy vuurwapen gevat en daarna in die vrou se motor gevlug.”

Paramedici van Emer-G-Med het die man op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal gevlieg is.

“Die polisie ondersoek aanklagte van moord, diefstal en motorkaping.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sandra ·

No good deed goes unpunished. Ek hoop hulle kry die kapers

Kobus ·

Lyk my KZN is nou nuwe Gangsters Paradise. Hoeveel skietvoorvalle per dag? Dis mos hoekom Cele nie afgedank word nie, hy kom mos van KZN af en onse president hou hom in sy pos vir geen ander rede nie. Verder het dit nou die norm in SA geword. Skiet onskuldiges, skurke kom weg met spreukwoordelike moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.