Man sterf wat glo polisiewapen by sokkerwedstryd wou steel

Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth Foto: Niel Grundling, Panoramio (via stadiumdb.com)

Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth Foto: Niel Grundling, Panoramio (via stadiumdb.com)

ʼn Toeskouer is Saterdagaand ná ʼn sokkerwedstryd in Port Elizabeth doodgeskiet toe hy glo ʼn polisiebeampte se pistool wou steel.

Die voorval het by die Nelson Mandelabaai-stadion plaasgevind net nadat die Kaizer Chiefs 2-0 teen Chippa United gewen het.

“Die besonderhede is nog nie duidelik nie, maar die man wou vermoedelik ʼn polisiebeampte se dienspistool steel toe die skare ná die wedstryd op die veld gehardloop het,” het kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Skoot het afgegaan en die man is dood.”

Die polisie was laat Saterdagaand nog steeds op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Neptunus ·

Hy wou seker die pistool roof? Om dit te steel moes dit eenkant gelê het, weg van die polisieman se persoon af, op die grond of ‘n tafel of in ‘n kas.

Dis moeilik om te verstaan waarom die pistool se magasyn daarin was, veral met so groot skare teenwoordig.

Die groot vraag is egter: Wat het van die pistool geword?

Peet Schabort ·

Ek reken hy was op diens langs die veld toe die skare op die veld gestorm het. Daar is toe gestamp en gestoot en met ‘n sakkeroller-aksie is daar probeer om sy vuurwapen te steel. Hy het dit agtergekom en gekeer waarna die skoot afgegaan het.
Dis ‘n dienspistool met ‘n patroon in die loop anders sou daar nie ‘n skoot afgegaan het. Glo nie dis aanvaarbaar.

J.Z ·

As jy wil steel en gaan so dood,is dit net die pesoon se verdiende loon,hy het dit op hom self gebring.

pop ·

Neptunus, ek glo nie jy gee werklik om wat in berigte gese word nie, jou hoofdoel in die lewe is om alles haarfyn te dissekteer en dan daarop te kommentaar. Foeitog!!!!

leeutjie ·

Maroela ek het in ‘n ander koerant gelees dat ‘n onskuldige persoon doodgeskiet is in die voorval. Miskien moet julle net seker maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.