Man sterf week ná aanval

Raymond Forbes

Raymond Forbes

Raymond Forbes (64) is die naweek oorlede, net meer as ʼn week nadat gewapende rowers hom en sy vrou op ʼn kleinhoewe aangeval het.

Wendy Barnard, Forbes se dogter, het aan Maroela Media gesê die hospitaal het hulle omstreeks 3:00 Saterdagoggend meegedeel haar pa is oorlede. “Hy was in ʼn koma sedert hulle die koeël uit sy maag verwyder het. Hy het ook bloeding op die brein gehad en sy bloeddruk het geval.”

Barnard het vroeër aan Maroela Media gesê gewapende rowers het haar pa, ma en ouma op Donderdag 8 Desember, in die vroeë oggendure, op ʼn kleinhoewe buite Vereeniging oorval. ʼn Geluid in die huis het hulle wakker gemaak en Forbes het gaan ondersoek instel. Hy het hom in die huis in een van die aanvallers vasgeloop.

“Hulle het een van die vensterknippe oopgebreek om die venster oop te maak en die skuifdeur deur die venster oopgemaak om in te kom,” het Barnard gesê. “Die aanvaller het op my pa geskiet, maar dit was mis en my pa het hom gestorm. Hulle het gestoei, toe nog ʼn aanvaller van buite af ingekom en my pa twee keer geskiet het.”

Forbes is in die rug en arm gewond en het dadelik op die vloer inmekaargesak. Volgens Barnard is die aanvallers na haar ouma, wat in haar 80s is, se kamer, waar hulle ʼn vuurwapen teen haar kop gedruk en haar beveel het om te slaap. Daarna het hulle Barnard se ma, Hester (60), uit haar kamer gaan haal en haar gedwing om die kluis vir hulle oop te sluit.

Die vermoedelik drie of vier aanvallers het met juweliersware, elektroniese ware, selfone en die Forbes-egpaar se voertuig op die vlug geslaan.

“Toe hulle weg is, moes my ma in die donker deur die veld hardloop en deur draadheinings klim om hulp te kry, aangesien die aanvallers met hul fone weg is. Sy het by die bure gaan aanklop en hulle het vinnig kom help,” het Barnard gesê.

Haar ouers bly al jare lank op die kleinhoewe, maar daar was nog nooit voorheen ʼn inbraak of aanval nie. “My ma en ouma is erg getraumatiseerd. Hulle was nog glad nie weer terug na die kleinhoewe toe nie. Dit het my net laat besef hoe bewus almal van hierdie dinge moet wees, want jy weet nooit wanneer dit met jou kan gebeur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

moekie ·

Dit is erg kom ons stig ons eie kommandos en beskerm ons mense teen moorde, en ek dink dit is tyd dat alle onwettige immegrante uit ons land gaan, ek dink dit is meer hule wat alles veroorsaak,dis tyd om dinge in ons wit mense se eie hande te neem en ons volk te begin beskerm ons kan nie al hierdie moorde toelaat nie. doodstraf moet weer ingestel word asb mnr ZUMA.

snoefie ·

innigste simpatie aan die gesin. die kommandos is n uitstekende idee. laat dit dan oorgaan om die smouse uit ons strate te verwyder. as hulle n inkomste wil maak uit verkope, kan hulle nes die res van ons n gebou gaan huur en alles wat daarmee saamgaan betaal. kyk hoe lyk die meeste dorpe al van die strukture wat hulle in die paaie van die dorpe waar ons erfbelasting betaal, oprig om soos stokke in alle oe te steek. betaal nie huur erf -of inkomstebelasting nie.

Thelma ·

Ek is so jammer vir julle. Dis waar: dit kan enige tyd met enige iemand gebeur. Jy kan nie eers waaksaam wees nie want mens moet tog slaap ook. Sterkte

Elsie ·

Sterkte aan die familie! Al ken ons nie die slagoffers persoonlik nie voel dit elke keer soos ń dolk wat jou steek en diep binne-in seermaak. Elkeen is ń groot verlies vir ons blanke Suid Afrikaners. Ons het elke persoon bitter nodig om sterk te kan wees. Mag God julle deur die moeilike tyd dra. Elkeen van ons dink aan al die slagoffers se families en bid vir krag en sterkte.

wilma ·

Die lafaards. Kom meer as een aanvaller. Mense vergeet van die doodstraf. Zuma en sy maatjies voel vere. Hul stel net belang om hulself te verryk.

al ·

My innige simpatie aan jul met jul verlies. Elke plaasaanval is n geweldige traumatiese belewenis vir ons blanke volk. Veral as jy sien hoe georganiseerd en in groepe hulle kom.

Vivian ·

My innigste meegevoel vir die naasbestaandes. My hart is regtig seer oir moordenaars, verkragters, en al die goddeloses wat wegkom en die regering wat nie veel doen nie.

Tiger ·

Ons innige simpatie met die familie en naasbestaandes van Raymond Forbes.Nog ‘n onnodige en sinnelose moord.Mense op plase en kleinhoewes ,kry ‘n marnet radio dan kan hulp vinnig ontbied word sonder ‘n foon.Is ‘n lewe minder werd as die prys van ‘n radio?

Margi Johnson ·

Ek’s soo jammer om te hoor van julle verlies! Tiger ek’s so bly jy het die twee rigting radios genoem. Dis BAIE meer vertroubaar as n foon – druk net n knoppie en roep vir hulp.Ek’s ook op n plot in Vereeniging.As ek wasgoed ophang of enigiets buite moet doen dra ek dit by my.Selfs as ek badkamer toe gaan in die nag vat ek dit saam. Dis jou ‘lifeline’. Nog n ding, ek het n trellidoor tussen slaap en leef areas. Asb sluit by julle buurtwagte aan en roep – hulle sal kom ‘investigate’.

Tienie ·

My innige meegevoel aan die familie en naasbestaandes, dit is regtig onnodig! Julle kan slegs troos vind in die Here, Hy is ook die alleen regter. Ek bly self op n plaas, soos ander ook genoem het: kry jou veilgheidshek, jou radio en sluit by jou plaaswag aan. Ek weet nie hoekom ons so moet lewe?? Die plaaslewe is veronderstel om vry te wees, op hierdie staduim is dit alles behalwe! Staan saam in jou area en vat hierdie booswigte vas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.