Man sterf week ná kleinhoewe-aanval

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Khato Rangale (44), die man wat in die vroeë oggendure van 22 Julie tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe naby Lanseria in Gauteng in die kop geskiet is, het aan sy beserings beswyk.

Kapt. Tinyiko Mathebula, woordvoerder van die polisie, het bevestig Rangale is Maandagaand dood.

Die veiligheidsmaatskappy Drift Reaction het gesê Rangale se liggaam het ingegee. “Hy het ook sig in albei se oë verloor en het nooit sy bewussyn herwin nie.”

Maroela Media het vroeër berig die aanval het net voor 01:00 op ʼn kleinhoewe naby die R552 gebeur.

Mathebula het vroeër gesê die Rangale-egpaar het geslaap toe drie aanvallers die venster in die slaapkamer gebreek en geëis het dat Rangale die deur oopmaak. “Toe die man die deur oopmaak, is hy in sy kop geskiet.”

Sy vrou, Julia, is nie tydens die aanval beseer nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek nou ʼn saak van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

NK ·

Net nóg n moord aangehits deur die regering, en die moordenaars word beskerm deur die ANC en politici. Nog n rasse moord, nog een vir die genocide.

Nk ·

Nee NK jy’t nie mooi gelees nie, dis nie n rasse moord nie. Die dood van die persoon is egter steeds die ANC se skuld. As Khoto vir die ANC gestem het, dan moet sy familie die uiteinde maar so aanvaar. Wat het hulle dan verwag?

Johann ·

Dit KAN mos nie eenvoudig so aangaan nie? Dis BEPLANDE ANARGIE… en aangehits en afgeskryf deur gewetenlose magsbehepte politieke vergrypers. Terroris Staat van die ANC en sy EFFers!

leser ·

“niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
die polisie ondersoek nou ‘n saak van moord en huisroof”
.
wat ‘n afgesaagde deuntjie raak dit nie,
wanneer gaan daar verdagtes in hegtenis geneem word ?

Piet ·

Nee NK jy’t nie mooi gelees nie, dis nie n rasse moord nie. Die dood van die persoon is egter steeds die ANC se skuld. As Khoto vir die ANC gestem het, dan moet sy familie die uiteinde maar so aanvaar. Wat het hulle dan verwag?

Ella ·

My innige meegevoel met sy familie. Woorde begin te min raak om te se hoe jy voel hieroor. Dit gebeur te dikwels. Wanneer en wie gaan dit stop?

Penellope Jones ·

NOG ‘n moord op die kriminele se boek wat al hoe dikker word!

grotman77 ·

Ek lees MM al vir n jaar or wat en lees veral kommentare. Ons lees lekker met ons rasse bril ipv om die misdaad te veroordeel. n Lewe wat geneem word maak nie saak of dit pienk, bruin of swart is een lewe teveel. Dis maklik om die ANC te kritiseer maar as dit kom by stemdag dan sit meestal van ons stoere boere kwansuis by die huis omdat hul nie die bedeling erken nie. As jy nie stem nie het jy ook nie die reg om te kla nie want die enigste manier om die invloed in RSA te he vandag is om in getalle jul kruisie te gaan trek sodat daar verteenwoording kan wees. As dit n wit persoon was wat vermoor was op sy klein hoewe was daar al 100 kommentare …. mmmm net 9 omdat hy swart was.. Waar is die kommentare van die wat gewoonlik die ras kaart hier speel. Die persoon se familie is in rou en ervaar dieselfde pyn en verlies as ons.. Yeshuwah het tog vir ons almal aan die kruis of paal gesterf en so verlossing vir ons bewerkstellig… Dis tyd dat swart en wit misdaad veroordeel. Moenie sellektief wees nie.

grotman77 ·

Liewe Sarel waarom moet ek trek my voorsate is al van 1714 hier. My familie was deel van die bittereindes in ABO , Ek self het my deel in Angola gedoen en deel van 1 Valskern Bn… Hoe se hul die waarheid maak seer.. Gaan lees jou Bybel en kyk wat se Yeshuwah oor volgende. Liefde vir medemens, regering van die dag – gee wat die keiser toekom al onderdruk hul jou. Die Jode onder Romeinse bewind het veel onderdrukking beleef as wat in RSA aangaan. Ek is hier om te bly en slegs die dood sal my van Afrika skei.

joev ·

Ons is in die laaste fase van die plan om die land met mag in kommunisme oor te skakel. Ons is deur die demoraliserende aksie, nou wag die destabiliserende aksie, dit word veroorsaak as die publiek die soort gevaar met eie geweld beveg, en dan die groot intrede van die “oorheersende” regering en die VN in sommige gevalle, om dan met mag nuwe regering in te stel.
Die tradisionele bos-howe tel nie hier nie, hulle wag vir my en jou om in te tree.

Sarel ·

Grotman77 Die Bybel het ook verwys na tye wanneer isreal moes nasies uitwis om te kon oorleef.Daar was baie groot manne wat ook wou veg vir ou rhodesia.40 000 blankes vermoor 3800 blanke boere ek sal se dit is nie God se wil nie. Dit kan ook gesien word as n volks uitwissing. Wat het die afrikaner nog rerig rede om voor te veg en sy kinders n toekoms te gee hier. Het jy al gehoor van bee en black empowerment.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.