Man sterf weke na plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

Simon Shepherd (80), wat verlede maand saam met sy vrou op hul plaas in KwaZulu-Natal aangeval is, is in die hospitaal oorlede.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Shepherd is Dinsdag in die hospitaal dood. Hy is sedert die aanval, op 19 Junie, in die hospitaal behandel. Volgens Gwala sal die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die voorval, nou van moord aangekla word.

Shepherd en sy vrou, Joy, is in die vroeë oggendure oorval. Die aanvallers het Simon erg aangerand en kritiek beseer. Joy kon daarin slaag om in ʼn kas weg te kruip en is ongedeerd. Die aanvallers het Simon gedwing om die kluis se sleutel te oorhandig en het met ʼn onbekende bedrag kontant, ʼn vuurwapen en ʼn selfoon gevlug.

Shepherd het vyf gebreekte ribbes, ʼn kopwond en diep snywonde aan sy lyf opgedoen. Die vel op een van sy hande en arm was ook heeltemal afgeskuur.
Een van die verdagtes is enkele dae na die voorval in ʼn informele nedersetting in hegtenis geneem. Die tweede verdagte is twee dae later in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Santjie stoof

Immers weet ons in die Huis Daarbo is geen geweld. Baie beter Plek waar hy nou is na al die marteling.
Gebede gaan op vir sy vrou Joy.

Floors

Hoor sy wonde…waar is MRK?

Wern

Dit is aaklig om te lees. Ons boet baie hard word en die indringers hel gee!

Irene

Onthou almal wat geweld steun maak nie saak op watter manier die Vader slaap nie jy moet jou oe eendag ook oop maak voor Hom

KP

Ons sal onsself moet begin beskerm teen hierdie terroriste.