Man sterf weke ná skietery by skool

Die bestuurder van die polisievoertuig probeer wegjaag van die man wat bakstene na die vangwa toe slinger. (Skermskoot uit video)

Die man wat vroeër vandeesmaand deur ʼn polisiebeampte geskiet is toe hy amok by ʼn hoërskool in Mpumalanga gemaak het, is intussen dood.

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van Derrick Bopape wat twee weke gelede glo op ʼn verwoestingstog by die Mmametlhake Secondary School gegaan het en geboue beskadig en polisiebeamptes in hul diensmotor aangeval het.

Hy was glo ʼn voormalige leerder aan die skool en het opgedaag en geëis om die skoolhoof te sien. Daar is egter aan hom gesê dat hy nie die skoolhoof kan sien nie, waarna hy gewelddadig geraak het en bakstene na die skool se vensters geslinger het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video is op sosiale media versprei waarin gesien kan word hoe Bopape die polisie met by aankoms op die toneel met klippe bestook.

Bopape is tydens die voorval deur ʼn polisiebeampte in sy been geskiet om hom in bedwang te bring. Opod het sedertdien ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het by navraag gesê hy kan nie in dié stadium meer inligting rondom Bopape se dood verskaf nie, aangesien “sy dood die onderwerp van ʼn ondersoek is”.

Dlamini sê die direktoraat het aanvanklik die afvuur van ʼn polisievuurwapen in ooreenstemming met sy mandaat ondersoek. Dié ondersoek sal egter nou eerder op Bopape se dood fokus.

Dit is nie duidelik of Bopape in ʼn hospitaal oorlede is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Charlie ·

Om met baksteen te gooi op baie kort afstand kan dodelik geweldadig wees.
Speel met vuur en jy sterf deur vuur.
ek
Bedwing jou. Jy bereik weinig deur geweldadig te word.

willem Botha ·

Wat as hy n ak 47 gehad het wat dan wie storm nou in so n situasie in sonder om jouself eers te vergewis van die omstandighede uiters onprofessioneel van n sogenaamde “saps” wat veronderstel is om opgely te wees.

Laksman ·

Waarom die dood ondersoek? Enige regdenkende mens kan mos sien wat hy doen in die video; hy val die polisie aan en tart dus die staat se gesag uit. Waarom is hy dood aan n wond in sy been? Wat het hy gerook dat hy gedink het hy is “bulletproof”? Die polisie sal nou seker van moord aangekla word deur die liberale regstelsel.

Slim Jan ·

Natuurlik MOET die lid aangekla word van moord. As jy aangeval word in jou huis met n baksteen gaan enige regter vir jou lag as jy die man se dood veroorsaak. Ek weet hoe jy voel maar laat saps vir hulle kry wat hulle uitdeel.

Anti Slimjan ·

@SLIMJAN; kom by in die lewe. Ju het geen benul waarvan jy praat.

Net ek ·

Dis normal prosedure dat indien daar n lyk is, n persoon aangekla word vir moord tot die ondersoek afgehandel is. Dis wetgewing

N ·

Ek het daai video gesien. Daai polisman het niks verkeerd gedoen deur Bopape te skiet nie. Bopape was beserk. Moet die beampte staan dat hy met n baksteen gegooi word? Die polisie moet meer kere so optree dan sal wet en orde dalk beter gehandhaaf kan word. Sy ouers gaan nou seker n huis kry vir hul “verlies”.

Koos de Meyer. ·

As jy na die vidio gekyk het is duidelik dat hy soos ‘n besetene tekere gegaan het. Hy het nie om gegee wat hy doen nie.

Neels ·

Seker nog een wie se ouers n huis by die staat (anc) gaan kry hy is mos nou ook veemoor.

John ·

Hy t verdien om geskiet te word…sy aanval was aanhoudend en hy kon maklik een van die Polisie lede ernstig beseer het.

Pensioenaris ·

ANC gee sy ma n huis…..sodat sy haar rooi EFF hempie kan dra. Grap van die dag, wil weer lekker lag.

Hey Hey ·

Nee nee nee. Daardie aanval met bakstene was niks invergelyking met n plaasaanval. En n boer mag niks doen voor hy nie n dodelike beseering opgedoen het nie. Stop die lorrie. Kla die polisman nou aan van moord. Laat die hof daaroor beslis. Daar is op h9m geskiet en hy is dood. Dit is wat met die boete gebeur.

willem Botha ·

Ek sê nog die “polisie” het die saak verkeerd hanteer ,geskiet in die been nou is die aanvaller dood n mens kan maar net dink wat gebeur het nadat hy geskop is terwyl hy reeds buite aksie was daar is n fyn lyn tussen n krimineel en een in n uniform.

Karolis ·

Willem, vertel vir ons watse bloutjie het jy met die Polisie geloop.

willem Botha ·

Spelling dit is wat ontbreek dan was niemand met bakstene gegooi en die polisie man sou nie amper sy kolegga raak gery het nie en die aanvaller sou nou deur die strafregtelike proses gegaan het.

Gert ·

Die regering gaan seker nou n huis vir sy ouers bou. Krimineel. Polisie reg opgetree.

Michael ·

As hy net in die been geskiet was hoekom is hy dood. Of was hy in n staats hospital waar ongeskoolde verpleegster dokters gemaak word.? Sal graag wil weet waaraan hy regtig dood is.

KAKtus ·

As ek hom in my huis kry en ek skiet hom in sy been…… dan word ek aangekla van poging tot moord, my vuurwspen word gevat en ek beland in die tronk…. All are equal, but some are just more equal than others.

Slim Jan ·

@Anti Slimjan….. ek dink jy sit die pot mis.
Nes jy sê KAKtus. Dit is die realiteit…..

Cor ·

Age nee wat daar gaan niks met die betrokke polisiemanne gebeur nie. Opod se hoof wat teen die kriminele in die mag opgetree het is mos nou uitgeskop omdat hy teen die kaders oogetee het al was hy ook n kader bomplanter

Ronald ·

Pasop vir nog n publieke vakansie dag. Hy was verkeerd met woede in hom. Niks verkeerd wat die gereg gedoen het nie. Het net verkeerd opgetree om in te ry en nie te loop nie. Daai skop was net om seker te maak hy staan nie op nie. Le net stil die Taxi met die geraas en rooi ligte is oppad

Theoman ·

Sy ouers sal seker nou ook in aanmerking kan kom vir n huisie vanni A en C

Koos de Meyer. ·

Die mense wat nou kla oor diekrim se dood, ek sal graag wil weet wat hulle gaan doen as hulle met ‘n baksteen gegooi word. As my lewe of my familie so bedreig word, gaan ek skiet en klaar. Die polisie het reg opgetree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.