Leon Jacobsz sterk aan ná ʼn buffel hom Saterdag op ʼn wildsplaas in Wakkerstroom, Mpumalanga, gegaffel het.
Danie Jacobsz, Leon se broer, het Sondag aan Maroela Media gesê sy broer wou die buffel verdoof toe die ongeluk gebeur het.
Leon is Saterdagaand geopereer. Hulle moes sy lewer na die normale plek terugskuif, omdat dit tydens die voorval deur sy diafragma gedruk is.
Volgens Danie het ander boere Leon vinnig na ʼn dokter se spreekkamer gehaas waar paramedici hom gestabiliseer het. Hy is daarna met ‘n helikopter na ʼn gespesialiseerde hospitaal oorgeplaas. “Hy kry baie goeie behandeling,” het Danie gesê.
Sterkte en vinnige beterskap. As dit nou ‘n Springbok was moes jy net vir 79 minute rondgehardloop het……want in die 80ste minuut hou hulle op!!
Ek haal my hoed af vir die dokter om sulke beserings te hanteer in haar Klein spreekkamer in Wakkerstroom terwyl vir die helikopter Moes wag! Well done! Jy is ñ dokter duisend!
Net so! ‘n Dokter duisend. EN dit is nou al die tweede keer dat hierdie dokter my broer se lewe red, ‘n vorige keer met ‘n plaasaanval het hy ook byna by die dood omgedraai en haar flink optrede het sy lewe gespaar.
Sterkte Leon! Jy is n ou yster my maat! Hoop jy raak gou gesond!
Die hospitaal lyk vir my eerder na die Uniehospitaal op Alberton.
Haal My hoed Af vir die DR Bly daar is Beter skap Sterkte