Man sterk aan ná Mamelodi-nagmerrie

Devon Knoetze (26) is Woensdagaand eindelik in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria geopereer. (Foto: Verskaf)

WAARSKUWING: Hierdie berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

Devon Knoetze (26) het Woensdagaand eindelik ʼn operasie ondergaan in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria nadat hy ’n week gelede saam met sy ma, Theresa (61), en susterskind Jandré (5) in ’n ernstige motorongeluk betrokke was.

Maroela Media het berig dat Knoetze aanvanklik ná die ongeluk in die Mamelodi-hospitaal opgeneem is, maar dat hy drie dae lank sonder kos of behandeling én met oop wonde daar gelê het.

Hy is Maandagaand laat in die Steve Biko-hospitaal opgeneem nadat sy suster, Sulet Venter, hom Saterdag noodgedwonge by die Mamelodi-hospitaal gaan haal het weens die haglike omstandighede wat hy daar ervaar het.

“Hy het gister skroewe in sy knie gekry, so hy het vanoggend (Donderdag) nog ’n bietjie pyn. Gelukkig kyk hulle mooi na hom, wat ’n groot las van my skouers afhaal,” sê Venter.

Sy sê dat sy gemoed ook sedert sy opname in dié hospitaal beter is en dat hy weer “laf” is.

“Nou moet hy net aansterk, dan kan hy huis toe kom.”

Knoetze het in die ongeluk ernstige beserings aan sy bene opgedoen, wat nooit deeglik in die Mamelodi-hospitaal behandel is nie.

Sy regterknie was gebreek en nooit behandel nie. Die been het dae later steeds uitgesteek. (Foto: Verskaf)

Die wond aan sy linkerbeen was rofweg toegewerk terwyl sy regterbeen, waarvan die knie gebreek was, nooit behandel is nie. Dae later het die been steeds uit dié oop wond gesteek. Boonop is sy kateter glo nooit skoon- of leeggemaak nie en het hy glo ook nie kos in die hospitaal gekry nie.

“As ek hom nie gaan haal het nie sou hy waarskynlik infeksie in sy regterbeen opgedoen het en moontlik sy been verloor het,” sê Venter.

“Ek wil nie eens daaraan dink nie, dit maak ’n mens sommer van vooraf boos.”

Theresa, wat enkele inwendige beserings in die ongeluk opgedoen het, is steeds in die Mamelodi-hospitaal, maar sterk volgens Venter goed aan. Volgens haar was die behandeling wat haar ma in dié hospitaal ontvang het uit die staanspoor ietwat beter as dié van Knoetze.

“Ek vermoed dis omdat sy geen uitwendige beserings gehad het nie, waarvoor ek dankbaar is,” sê Venter.

“Sy sien môre ’n spesialis en sal moontlik volgende week ’n operasie aan haar been ondergaan, wat op enkele plekke gebreek is.”

Jandré het slegs ’n sweepslagbesering opgedoen en is nooit in die hospitaal opgeneem nie.

Die departement van gesondheid het addisionele inligting aangevra, maar nog nie op Maroela Media se navrae gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Elize ·

Skandelik. In hierdie land moet jy nie oud of wit wees nie.

Marianna ·

Dis ‘n skreiende skande!!! Afriforum moet hierby betrek word. Die mense moet ‘n groot eis teen die staat instel. Die man is vir sy res van sy lewe geskend deur lui, incompetent, don’t care, staats parasiete. As jy hieroor kla is jy ‘n rassis. Die probleem is die regering wil ordentlike mense aftrek na hulle standaarde want onthou, hulle is gewoond aan ‘n gemors en substandaarde wat hulle daar gestel het. Ons moet baklei daarteen!!! Afriforum waar is julle?

Nie Verbaas ·

Ek wens so dat die publiek n eis kan instel maar die klomp sal met alle mag beskerm word. Ons ondervinding sal ook hare laat rys.

Ovelia ·

N vrou wat in sebokeng hospitaal was moes sielkindige behandeling kry nadat sy deur haar broer daar uitgehaal is. Hul is so treurig daar dat n mens jouself dit ni kan voorstel nie.

Misky ·

Bly om te hoor hy kry nou die behandeling wat hy moet kry. As julle nie so groot ophef gemaak het nie, sou dit dalk nie gebeur het nie en dis tragies dat mens altyd eers moet dreig en media toe gaan, voor iets gedoen word. Sterkte aan Devon vorentoe

Jakes ·

Ek wonder of n mens nie beter behandeling by n diere hospitaal sal ontvang as by hierdie spesifieke hospitaal nie? Hoekom hoor ons niks van die MRK hieroor nie?

Tanniepetoors ·

GROOT verskil tussen Steve Biko en Mamelodi hospitale. SB is ‘n opleidingshospitaal met moderne fasiliteite. Mamelodi sukkel om personeel en dokters te kry, vergeet maar van toerusting.

Gert ·

Maar dit gee Mamelodi nog nie die reg om die man so af te skeep nie

koos ·

Beide my knieë is 2 jaar uitmekaar vervang in ‘n bekende Albertonse hospitaal. Met my laaste vervanging kon ek merkbaar sien hoe sleg het die verpleegsorg geword, en dit in ‘n sogenaamde privaat hospitaal. Klagtes – jy speel seker. Verpleegbestuur, hospitaalbestuur en selfs die mediese fonds is almal stokdoof, So, liewe leser, moenie dink dit is hemel op aarde in deesdae se privaat hospitale nie. Dink vir jouself – daar is een gemeenskaplike faktor aanwesig wat in ‘n wit uniform rondswerwe, opsoek na ‘n plek om so min as moontlik te doen totdat die skof verby is. Mens gaan deesdae hospitaal toe om te sterf, as jy nie daar wil doodgaan nie, moenie lank daar bly lê nie.

Vernon ·

Ek hoor dit ook van ander privaat hospitale. Eintlik weet ons waar die probleem le! Onbekwaan,geen werketiek..en ja jou velkleur tel teen jou!!

koos10 ·

koos, jy veralgemeen nou vreeslik. Enige beroep het sy vrot appels, maar om die hele beroep as luiaards te bestempel is baie laag.
Hierdie mense is daar om van die mees ondankbare werk te verrig.
Almal wat, nie is soos my naamgenoot beweer nie, ek vra groot omverskoning namens my naamgenoot.

JohanR ·

My Ma van 91 wat nie medies het nie sal Steve Biko to gaan vir pille en om doctors te sien, maar sy is soe vrek bang om daar te moet oornag. Steve Biko was eens op ‘n tyd ‘n spog hospitaal, soe kan nie dink hoe sleg daai Mamelodi Hospitaal is nie! Het al gehoor pille word maar net by Steve Biko gehaal om weer verkoop te word. Soe jy kan ‘n hart pil koop en dink dit is ‘n aspirine. Is daar nog wit verpleegsters in SA want ek het baie lanklaas een gesien. Ek dink as wit verpleegsters klaar is hier in SA om te leer vir verpleegster, vertrek hulle Australia, NZ, Amerika, Kanada en Engeland toe?

Inkpot ·

Wat ‘n absolute skande en so kom hulle weg daarmee want niemand tree op nie
Verpleging is veronderstel om ‘n edele beroep te wees, maar daar is geen trots in hulle oor nie.
Dis gewoonweg moedswillig, want hulle is veronderstel om bekwaam te wees.

Pim ·

Mamelodi hospitaal moes al 20 jaar terug toe gemaak geword het! Hulle het toe al mense gelos om net dood te gaan. ‘n Kollega van my was destyds daar met haar siek baba, hulle het haar daar laat sit vir ure. Al wat gedoen is was om vir haar ‘n emmer water te bring sodat sy kon skoonmaak waar die baba opgegooi het. ‘n Dokter het haar na 12 die aand opgemerk en die baba op ‘n drip gesit en behandel. Ek veronderstel sy moet dankbaar wees sy is enigsins gehelp.

Pieter J ·

Regstellende aksie maak dat selfs sommige privaat hospitale ń nagmerrie geword het. Die dokters doen ń netjiese werk maar die getransformeerde verpleegpersoneel gee nie ń hel om wat met die pasient gebeur nie.

akkedismis ·

Die probleem is dat verpleegsters nie by n spesifieke hospitaal aangestel word nie. Hulle behoort aan n organisasie wat hulle aan n hospital lewer en roteer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.