Man sterk goed aan ná skoot in gesig

Marc en Valerie Doubell. (Foto: Verskaf)

Dit gaan onder omstandighede goed met Marc Doubell van Kuruman wat die naweek by ʼn vulstasie op die dorp met ʼn rubberkoeël in die gesig geskiet is. Hy het Sondagaand ʼn operasie aan sy gesig ondergaan om die skade te herstel.

“Dit [die operasie] het goed afgeloop, maar hy is maar nog baie geswel en seer,” het Doubell se vrou, Valerie, aan Maroela Media gesê.

Volgens Valerie sal haar man binnekort uit die hospitaal ontslaan kan word. Hy word tans in ʼn hospitaal in Bloemfontein behandel.

ʼn Veiligheidswag is in hegtenis geneem in verband met die voorval wat Vrydag by die Puma-vulstasie by die Mokala-winkelsentrum plaasgevind het.

Die veiligheidswag was veronderstel om Maandag in die landdroshof op Kuruman te verskyn op aanklag van poging tot moord, maar die saak is nooit op die rol geplaas nie, sê Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) nou.

Marc is in die gesig geskiet. (Foto: Verskaf) 

Volgens Shuping is die dossier Maandag na die hof gebring, maar die staatsaanklaer het nie die saak op die hofrol geplaas nie. Shuping verduidelik dat die saak nie op die rol geplaas is nie omdat die ondersoekbeampte nog nie al die aanklaer se vrae kon beantwoord nie.

Maroela Media het vroeër berig Doubell het brandstof laat ingooi by die vulstasie toe hy besluit het om vinnig in die winkel in te hardloop en koeldrank te koop. Die veiligheidswag het Doubell glo belet om enigiets te koop omdat hy nie ʼn masker aangehad het nie.

Doubell het toe na sy voertuig gegaan en ʼn masker gaan haal voordat hy terug in die winkel in is om vir die koeldrank te betaal. “Toe hy uit die winkel kom het hy en die veiligheidswag in ʼn woordewisseling betrokke geraak en toe skiet hy my man in die gesig,” het Valerie vroeër gesê.

Doubell is na ʼn hospitaal in Kathu geneem waar sy wond skoongemaak en toegewerk is. Volgens Valerie het die wond egter Sondagoggend baie sleg gelyk. Nadat hul dokter ʼn foto daarvan gesien het, het hy gesê Doubell moet geopereer word en die egpaar het toe na ʼn hospitaal in Bloemfontein gery waar Doubell opgeneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Francois ·

Ek is jammer om te se niks gaan hiervan kom maar glo my as dit die wit ou was wat geskiet het was hy al in die tronk met die eff wat sy kop eis

SomeOne ·

laat die “skieter” sommer vir alle onkostes betaal ook, en dan bere die reg hom vir baie lank
neem maar all sake teen wit wat gebere is vir die aanklag van moord
ek hoop die veiligheidswag is in aanhouding, anders is dit weer n rassistiese saak

Toy ·

Francois moenie so negatief wees nie asb, hy moet dit net nie los nie, maak nie saak wie wat se nie, hy kon sy oog verloor het as dit hoer op was in sy gesig. Die staat moet hom vergoed vir sy pyn en lyding.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.