Man stig toe nié brand in Kaapstad nie

‘n Foto van die brand Maandagmiddag op Duiwelspiek. (Foto: Tafelberg Nasionale Park/Twitter)

Die Tanzaniese man wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met die brand wat aan die voet van Tafelberg uitgebreek het, word nié meer aangekla van brandstigting nie.

Frederick Mhangazo (35) het Donderdag weer in die landdroshof verskyn waar die aanklag van brandstigting na ’n aanklag van die oortreding van die Wet op Omgewingsbewaring verander is, omdat hy sonder die nodige toestemming ’n vuur op ’n openbare plek gemaak het.

Maroela Media het vroeër berig dat Mhangazo in hegtenis geneem is nadat ooggetuies hom en twee ander persone op die berg opgemerk het, naby aan die plek waar die brand ontstaan het. ʼn Lid van die gemeenskap het die drie toe met sy honde agternagesit en Mhangazo is aangekeer.

Die brand het verlede Sondag aan die hange van Tafelberg naby die Rhodes-gedenkteken uitgebreek en later na die Universiteit van Kaapstad versprei. Miljoene rande se skade is aangerig.

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, kon die staat nie enige bewyse van brandstigting teen Mhangazo vind nie.

“Hy is op borgtog van R500 vrygelaat en die saak is tot 18 Junie vir verdere ondersoek uitgestel,” het Ntabazalila gesê.

Die hof het ook nog geen bevindings gemaak nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Ek herhaal maar weer glo nie die ou skuldig nie. Word gebruik as Pion terwyl werkkike Brandstigters verdwyn
Soek by die wat Grudge tedn Rhodes en die gedenkteken gehad het. Julle weet wie

Genis

Ek is EFFe geskok?

Frank

Presies wat ek voorspel het. Daar was nie bewyse of videomateriaal of iets nie.

marius

Daar is nie getuienis nie , maar die saak word uitgestel ? Wat se narre beheer die regstelsel ?

Strandloper

R500 borgtog….wonder waar die bergie dit vandaan gekry het…