Man swaar gestraf ná gru-moorde op egpaar

Roger en Christine Solik.

Xolani Brian Ndlovu (38) is swaar gestraf vir die dubbelmoord op Roger (66) en Christine (57) Solik.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê Ndlovu het skuldig gepleit in die hooggeregshof in Pietermaritzburg waarna hy tot 10 jaar tronkstraf gevonnis is vir ontvoering, 15 jaar vir huisroof en tot twee keer lewenslange tronkstraf vir die moorde.

Die polisie is op 17 Februarie vanjaar na die Solik-egpaar se huis in die Bend Country Estate op ʼn plaas in die Nottingham Road-omgewing ontbied. Daar is by die huis ingebreek en daar was bloedvlekke. Die Solik-egpaar was nêrens te vinde nie.

Christine se liggaam is later die dag ongeveer 70 km van die huis in die Impendle-rivier gevind met haar hande vasgebind. Roger, wat aan Parkinson se siekte gely het, se liggaam is op 20 Februarie gevind, sowat 2 km van die plek waar Christine se liggaam gevind is. Die egpaar se Hyundai ix35 is verlate in die KwaMadlala-omgewing gevind.

Xolani Brian Ndlovu

The Witness berig dit het tydens die hofverrigtinge aan die lig gekom dat Christine verdrink het. Sy is ook met ’n skerp voorwerp gesteek en het verskeie ander beserings gehad. Roger het vermoedelik versmoor aangesien ’n kussingsloop oor sy kop vasgebind is. Albei is erg aangerand voor hulle in die rivier gegooi is.

Thulani Moses Mthembu, Ndlovu se medebeskuldigde, se verhoor het Woensdag begin.

Genl.maj. Bhekinkosi Langa, waarnemende polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het Ndlovu se vonnis verwelkom. “Ons hoop die vonnis kan die familie wat hul geliefdes op so ’n wrede wyse verloor het, afsluiting gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Frikkie (Nie pienk) ·

Wonder ek of die Ndlovu familie is van Brits se vermoorde/gewonde/vermiste Ndlovu.

Theresa B ·

Wens jou alles toe in die tronk. Ek hoop die ander kry jou beet.

Tiger ·

Sy straf is steeds te lig.Maar ek weet sy plek is bespreek in die hiernamaals in die hel.

Eish ·

Gepaste straf? Ek dink nie so nie. Gratis etes en verblyf.
Die doodstraf, dis al.

Hannelie ·

Lewenslank is nog te kort. En hy eet verniet op ons belastinggeld. DOODSTRAF sou gepaste vonnis gewees het, hy het dan 2 mense vermoor….hoekom moet hy lewe??

Sarel Strydom ·

Wat is swaar straf? Sy vonnis word aaneenlopend uitgedien. Beteken hy gaan nie 25 jaar sit nie voor hy uit is op Parool.

linda ·

swaar straf – dit is nie swaar nie….dit haal nog asem….

Kannaland ·

Waar is die SA media nou met hulle aantuigings van rassisme? Enige hoofstroom mediahuios wat nie hieroor berig nie IS EENSYDIG!

Robbie scheepers ·

net die dood straf is n lewens lange straf jy is nou in gratis versorging . en die tax man moet hom voor .

Stefan ·

Nou gaan hy 3 etes n dag kry en hy het slaap plek en kan tv kyk elke dag en wie betaal daarvoor? Ek en jy. Die doodstraf is die enigste oplossing vir die probleme, Maar ek weet dit sal nooit terug gebring word nie.

JG ·

Hierdie “straf” is lagwekkend….hierdie uitvaagsel is n perfekte kandidaat vir “die tou”…hang die ding.

Theresa ·

Ndlovo en Mthembu – jul moord- en martelingsdaad word gehaat! Jul wreedheid word gesien. Daar is geen respek vir jul nie. Wens: Dat jul nooit weer die Vryheid van buite die tronk leef mag geniet nie. Jul het jul eie tyd bepaal. In ‘n ander land, was jul gehang.

Verstom ·

Tronkstraf is deesdae ‘n lekker lewe. Maar elke knie sal eendag buig voor die ware REGTER. Dié dag van oordeel sal hulle weet wat ware straf is. Dit is my troos en berusting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.