Man swaar gestraf ná hy selfoon steel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 32-jarige man wat ʼn vrou van haar selfoon beroof het, is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.

Sandile Ndlovu is in die Durban-streekhof skuldig bevind en gevonnis.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Ndlovu het op 20 Mei vanjaar ʼn 22-jarige vrou in Smithstraat in Durban, KwaZulu-Natal, voorgekeer en van haar selfoon beroof.

ʼn Saak van diefstal is aanhangig gemaak en Ndlovu is in hegtenis geneem. “Die beskuldigde het verskeie kere in die hof verskyn tot hy skuldig bevind en gevonnis is,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Voorlaaier ·

Maar net weer i bewys dat ons land se regstelsel i bespotting is.
Vir moord kry jy- 6 jaar.
Roof i selfoon – 10 jaar

Voorlaaier ·

@Pierre. Ons regstelsel is i totale bespotting!!….punt!..Nie jy of enige iemand anders sal my oortuig nie.Korrup en omkopery oorheers ongelukkig ons howe!..Hulle is verrot tot op di been!!..

Piet Snot ·

Ek weet, Pierre, jy wil nie jou tyd mors nie. Maar laat ek tog maar probeer.
Voorlaaier, by vonnis word baie dinge in ag geneem. Omstandighede, agtergrond, en veral (ek raai dis hier die geval) vorige rekord. Met ‘n rekord kan jy jou straf verdubbel of vertiendubbel; afhangende van watter misdade jy voorheen gepleeg het.
Op dié manier kon jy selfs bloubaadjie kry (gewoontemisdadiger verklaar word – en baie jare agter tralies spandeer), vir ‘n klein misdaad.
En dis reg so.

gatiep ·

Drain the swamp Voorlaaier dis al wat oorbly. Ons gaan vir Trump nooi om te kom kuier by ons wanneer hy gewen het.

Justice ·

Geen probleem daarmee – selfoon diefstal is deesdae `n prioriteits misdaad waarvoor daar gemoor word.

Believe ·

Janee wil ook weet waar ons regstelsel oppad is? Wonder hoekom Justice geen probleem daarmee het nie! Ek stem mense moor vir selfone, maar waar dit egter wel gebeur geskied gereg nie! Belaglik

Cherokee ·

Justice, jou kommentaar is tot nou toe die enigste sinvolle mening wat uitgespreek is. Die res kla wanneer misdaad gepleeg word en nou dink hulle die straf vir diefstal is te erg.

Hennie ·

Ja Voorlaaier jy is reg. Die probleem is die mense wie daaroor besluit se waardes loop soos ‘n sinkplaatpad.

pietskiet ·

Kyk ons reg stelsel is so op geneuk 10 jaar vir n cell 6 jaar vir moord aijaijai daai is mos nie eers n vergelyking nie behalwe n R50 boete gegee was
die stelsel is soos n van der Merwe grap ons lag nie eers meer vir dit nie

Ben Prinsloo ·

Ons moet liewer dankie sê vir die landros wat hom behoorlik gevonnis het maar nou karring ons al weer oor die negatiewe saak van Oscar.

Thyskotze ·

My dogter se foon was gesteel dief het 6 maande gekry dit was in die Strand terwyl hy in tronk is gebruik iemand anders die foon met simkaart

Raymond Bastone ·

Hoogtyd dat die strawwe swaarder gemaak word, hoop dit is vir hulle ń afskrik om misdaad te pleeg

Lance ·

En zuma steel die hele land vrot voor ons oë …wat n joke !

Rabes ·

Julle wat so vergelyk moord teenoor diefstal. Gaan doen bietjie navorsing oor gewoonte misdadigers dan sal julle sien hoekom die dief daardie straf ontvang het.

Madri ·

Ek hoop van harte dat die krimeneel wat my handsak gesteel het met selfone en my hele lewe daarin ook so swaar gevonnis gaan word aangesien dit sy 4 de keer is wat hy gevang word vir diefstal!!!

Poppie ·

Sommer geweet die afgesaagde 6 jaar storie gaan weer opkom. Dis reg. Laat hy sit vir 10 jaar. Dalk n voorbeeld wees vir ander diewe…

snoefie ·

kzn mense. die jong same wet beroof was het verseker baie noue bands met nkandla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.