Man swaar gestraf ná hy sussie, niggies verkrag

Argieffoto

ʼn 31-jarige man is in die Oos-Kaapse hooggeregshof in Mthatha drie keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy suster en twee niggies.

Die man is op 12 Julie 2014 deur sy neef op heterdaad betrap terwyl hy sy 14-jarige suster in hul huis in die Mahlabathini-nedersetting by Mount Fletcher, Oos-Kaap, verkrag het.

Die neef het sy ouma en ʼn buurman van die voorval vertel. Die buurman, wat ʼn gesondheidswerker is, het die polisie gekontak. Hulle het die man in hegtenis geneem.

Die suster het tydens polisie-ondervraging erken dat haar broer haar al voorheen verkrag het.

Terwyl die man in aanhouding was, het sy twee niggies ook na vore gekom en erken dat hy hulle in 2011 verkrag het. Hulle was op daardie stadium agt en 11 jaar oud.

Die twee niggies het aan die polisie gesê hulle het hul ouma van die verkragtings vertel, maar sy het nooit die saak by die polisie aangemeld nie.

Die man is op drie aanklagte van verkragting skuldig bevind. Hy het onskuldig gepleit en ontken dat hy sy niggies aangerand en verkrag het. Hy het ook beweer dat hy met sy suster “gestoei” het toe sy neef op hulle afgekom het.

Regter Mbulelo Jolwana het bevind die man se verklarings wat in die hof voorgehou is, is hoogs onwaarskynlik. Die man is skuldig bevind op grond van die getuienisse van die slagoffers, buurman en sy tante (die ma van die niggies wat verkrag is).

Adv. Luvuyo Pomolo, die staatsaanklaer, het ter verswaring van die vonnis voor die hof aangevoer dat die verkragter “die vertroue van sy jong familielede verraai het en dat hy veronderstel was om hulle te beskerm”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

2014 tot 2020 vir vonnis en uitspraak op die voorval en dit met verdoemende getuienis en ooggetuies. So lank en wat het hy nie intussen ook nog aangevang nie? Belaglik en hoekom so lank!!!

johanf ·

Sieklik….. Hoop jy verrot in die tronk…hoop nie die vonnisse is gelyklopend nie…..

Kerneels ·

Ek hoop ook nie so nie. Hy het hulle mos nie gelyktydig verkrag nie?

Onnie ·

Ek voel die Ouma, wat dit nooit aangemeld het nie, moet ook gestraf word. Sy het haar volwasse seun beskerm terwyl sy haar minderjarige kleindogters vir die wolwe gegooi het. Dis skokkend om die minste te sê. Wie gaan opstaan vir vroue en kinders? Ek sou seker maak hy kry wat hom toekom as dit my familie was.

Sarel ·

3 x Lewenslank x word aaneenlopend uitgedien = 1 x Lewenslank met goeie kans op Parool. Wat vit straf isxdit.

Androclus ·

Ek voel die ouma van die kinders het deel daaraan.Hoekom het sy nie dit rapporteer nie.

Jakes ·

Daar word baie gereeld oor hierdie afskuwelike gedrag berig en het dit n siekte geword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.