Man swaar gestraf ná hy vriendin se dogter verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat daaraan skuldig bevind is dat hy sy vriendin se dogter verkrag het, is swaar in die Wynberg-landdroshof gestraf.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Woensdag tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die verkragtings het tussen 2006 en 2007 in Vishoek plaasgevind. Die man is skuldig op sewe aanklagte van verkragting. Die meisie was 10 jaar oud toe die man haar die eerste keer verkrag het.

Traut het gesê die vonnisse, wat nie gelyklopend uitgedien sal word nie, moet ʼn duidelike waarskuwing wees aan enigiemand wat ʼn misdaad teenoor ʼn kind wil pleeg. Die man se naam kan nie bekend gemaak word nie om die meisie te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dries ·

Wat ‘n siek samelewing…. om dit aan ‘n kind te doen. Ek wonder altyd as ek sulke dinge lees oor waar die dinge skeefloop, is dit opvoeding of ander invloede? (Dalk nie sleg grootgeword nie maar ‘n groot Sleg geword!)

zahn ·

Ek verwelkom hierdie uitspraak, dat die vonnisse nie gelyklopend uitgedien sal word nie. Jippiie yay! Dis lankal tyd dat daar ‘n voorbeeld gemaak moet word van iemand. kom ons hoop die staat sal vorentoe hierdie saak gebruik as voorbeeld in hul slot argumente. Maar nog steeds betreur ek die afskaffing van die doodstraf.

Tammy ·

Baie dankie dat die straf op so n manier uitgedien sal word. Die woord “gelyklopend” in enige straf beteken bloot dat die skuldige wegkom met sy dade. Mag dit vir voornemende verkragters n les wees.

Charles ·

Sal net n rukkie in wees siek word en op mediese parool uitkom wat verstaan julle nie

Drieks ·

Brazilié het aangekondig hul gee vir verkragters en moordenaars nou 200 jaar tronkstraf. Hoop ons regering volg hul vriend se voorbeeld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.