Man swaar gestraf ná tiener se gru-moord

Lekita Moore. Foto: Facebook.

Cameron Wilson (20) is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot vier lewenslange vonnisse plus 71 jaar gevonnis.

Wilson is in September in hegtenis geneem vir die gru-moord op Lekita Moore (18). Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê Moore se verminkte liggaam is op 11 September 2016 in ʼn veld naby Tunaweg in Bishop Lavis ontdek. Volgens Van Wyk het sy talle steekwonde aan haar liggaam gehad.

Wilson is in Junie skuldig bevind op 13 uit 15 aanklagte teen hom, onder meer vyf aanklagte van moord, drie van poging tot moord, een van aanranding met die doel om ernstig te beseer en een van verkragting.

Wilson het gelag en hande geklap terwyl hy gevonnis is. Die volgepakte openbare galery in die hof het gejuig toe regter Chantal Fortuin sy vonnis aan hom opgelê het.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

Koelbloedige reaksie van die gevonniste. Dis waar die doodstraf tot sy reg gekom het. Nou het die man gratis etes, verblyf en medies vir die res van sy vonnis.

Natasha ·

Ja en dan word my geld waarvoor ek so hard werk elke maand gebruik om hom te huisves in sy lewe van luuksheid, le heeldag en niks doen nie, terwyl die slagoffer se mense probeer om hulle gebreekste lewens aan mekaar te sit…..

Zumie ·

Die vonnis beteken egter:
25 jaar met die moontlikheid van parool na 20

regtig! ·

Net toe ek nou dink, wow die regters begin regkom…. nee gelyklopend, wat beteken die 4 lewenslange vonisse as dit gelyklopend uitgedien word, boggerol, jy stuur daarmee net soveel lighartigheid in as ja ons luister na jul soveel moorde en verkragting, nee regtig Regter ek verwag dat jy ten minste die vonisse na mekaar sal laat loop. Dit is werklik bewys dat hierdie mense nie rehabiliteerbaar is nie en met geen doodstraf moet hy nooit weer die buitewyke van ‘n tronk sien nie.

Nico ·

Gee hom parool na n maand sodat die publiek hom kan uitsort daai geld wat nou gespent word op hom in die tronk gee ons vir liefdadigheid

marous ·

Gee hom vir die familie…dan sal sy glimlag en hande gou verdwyn.

Spyker ·

Glo my as hy pollsmoor toe gaan…dinge gaan nie meer so snaaks wees nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Selde het ek simpatie met ‘n krimineel, maar in hierdie geval is dit duidelik dat die seun ‘n probleem het. Soos die kinders se: Sy kop vat nie, en ek wonder of hy selfs BESEF wat hy aangevang het. Sy optrede na vonnisoplegging is mos duidelik NIE normaal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.