Man swaar gestraf oor verkragting, moord van lesbiese vrou

court-hammer_thumbʼn Man wat ʼn lesbiese vrou verkrag en vermoor het is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis, het The Star Woensdag berig.

Lekgoa Motleleng (23) het Dinsdag skuldig gepleit op aanklag dat hy Duduzile Zozo verkrag en vermoor het. Haar liggaam is in September verlede jaar in Thokoza, suid van Johannesburg, gevind.

Regter Tshifiwa Maumela het Motleleng in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, gevonnis. “Niemand is die reg gegee om alkoholiste te korrigeer nie. Niemand is die reg gegee om diegene wat te veel sout of suiker eet, te korrigeer nie. Niemand is die reg gegee om ander te korrigeer rakende hul reg om iemand van dieselfde geslag lief te hê nie. Mens kan nie inmeng met die manier waarop iemand besluit om te leef nie,” het Maumela gesê.

Volgens die koerant het Maumela gesê die swaar vonnis vir Motleleng sal as ʼn waarskuwing dien aan diegene wat kwesbare mense bedreig. Hy het aan Motleleng gesê om sy houding teenoor homoseksuele mense te verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

“Niemand is die reg gegee om diegene wat te veel sout of suiker eet, te korrigeer nie.”

Sê dit vir Aaron Motsoaledi, want hy dink hy het daardie reg en is besig om wette te maak om dit te doen…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.