Man swaar gestraf vir dubbele plaasmoord

Argieffoto: AfriForum Jeug

ʼn Man is in die hooggeregshof in Thohoyandou in Limpopo gevonnis vir ʼn dubbele plaasmoord in Musina in 2010.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê Gibson Banda (43) is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Johan Greyvenstein (54) en sy vrou, Annelise (53), in November 2010.

Banda het op die egpaar se plaas gewerk. Die egpaar is doodgeskiet en hul liggame is in hul bakkie naby die plaashuis gevind. Banda, ʼn Zimbabwiër, het ná die moorde na sy tuisland gevlug. Hy is in Zimbabwe in hegtenis geneem en aan Suid-Afrika uitgelewer met behulp van Interpol.

Volgens Maluleke is daar tydens Banda se inhegtenisneming beslag gelê op goedere wat tydens die moord gesteel is, sowel as die vuurwapen waarmee die egpaar vermoor is.

Banda is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moorde, 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede, drie jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en drie jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ammunisie.

Genl.maj. Thobeka Jozi, hoof van die Valke in Limpopo, het die vonnis verwelkom. “Ons glo dit sal ʼn sterk boodskap rig aan voornemende misdadigers. Ons wil die polisie, nasionale vervolgingsgesag en almal andersins betrokke bedank vir hul toewyding om seker te maak die oorledenes se familie kry berusting rakende die gruwelike voorval wat hulle moes deurmaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Charmaine Coetzee ·

Lewenslank in Suid-Afrika moet wees soos oorsee se howe tot jy doodgaan in die tronk want lewens is geneem naasbestaandes leef met hartseer en emosionele letsels vir die res van hul lewens maar net my opinie xxxxxx

Cryosphear ·

Swaar straf is die dood straf. Res is minors vir kriminele. Dak oor kop en kos elke dag

cor ·

Uiteindelik het n regter sy of haar weg oop gesien om iemand tot lewenslange tronkstraf te vonnis. Dit is nou wel nie die doodstraf nie maar is beter as 8 jaar met parool op 2 jaar. Asseblief moet nie buitelanders indiens neem nie want dit beteken jou eie doods vonnis. Hoeveel keer is dit nou al bewys.

Ratel ·

Ek moet se 2010 is ‘n baie langtyd terug maar goeie werk aan die mense wat vol gehou het om hom te vervolg.

MissDemeanor ·

Puik werk van SA, Zim en Interpol dat hul die moordenaar gevang het.

Skokkend ·

Wat hulle soms in berigte uitlaat is om te se die vonnisse word TEGELYKERTYD uitgedien wat beteken hy gaan nie die helfte van die tyd sit wat dit vir mense lyk hy gaan sit nie. Dit is ‘n ZIMBABWIER, wat soek hulle hier as hulle ‘n demokrasie in ZIM het waarvoor hulle gestem het? Het hy nie ‘n plaas gekry soos aan hom belowe is as hy vir Mugabe stem nie? Nou sit hulle hulle kriminele aktiwiteite en die moord op boere hier voort? Dit skok my om te weet hoeveel miljoene hier in SA rondloop wat heeldag uitkyk waar hulle kan moor en roof .. As dit so wonderlik in Zim is soos wat Mugabe se en soos wat julle se Zimbabwe is nadat julle hom ingestem het .. HOEKOM is julle in SA?

Theresa ·

Absoluut en dit geld vir al die omliggende lande se mense wat hier rondloop en bly sonder enige wettige dokumente.

Ben ·

Ons wetgewing moet aangepas word. Ek stel voor ons ‘n vorm van beperkte doodstraf instel vir:
1. Misdadigers wat Polisie manne doodskiet 2. Buitelanders en Onwettige Imigrante (Zimbamwiers, Mosambiek ens) wat moorde in ons land pleeg.
Tans word Suid Afrika deur Europeurs end andere gebruik om kamstig op hulle vakansie mense te vermoor. Hulle weet dat sou hulle gevang word, hulle net tronksraf sal kry. Met die baie korrupsie is fit moontlik dat hulle self daaruit kon koop.

Theresa ·

Besonders dat als so uitgewerk het dat die moordenaar opgespoor, gevang en gevonnis is vir ‘n wrede onnodige daad. Alle betrokkenes: welgedaan!

Annettr ·

Dis 2 moorde – wat van al die ander? Die doodstraf moet terug gebring word, dis al wat moontlik kan help.

Johannes van Staden ·

Sal mens nie verbaas as die mense weer ontsnap nie …gebeur mos baie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.