Man swaar gestraf vir dubbelmoord

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn 26-jarige man is Maandag in die hooggeregshof in Grahamstad tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Lariane Jonker, woordvoerder van die polisie, het gesê Sipho Maurice Mtwebana is ʼn bykomende 10 jaar tronkstraf opgelê vir die moorde wat in 2016 in Cradock gepleeg is.

Mtwebana het sy voormalige vriendin wat 22 jaar oud was en twee van haar mansvriende, onderskeidelik 22 en 25 jaar oud, geskiet.

“Hy het die drie vriende in ʼn stegie gekry in die Lingelihle informele nedersetting by Cradock,” het Jonker gesê.

Jonker het bevestig die vriendin het oorleef ná die koeël haar kop slegs skrams getref het. Haar twee vriende is egter in die skietery dood.

Mtwebana se vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tanya ·

In ‘n stegie? Wat maak ‘n vriendin met twee vriendinne in ‘n stegie? #Wondermaarnet

Tanya ·

Ek bedoel om te se wat maak ‘n vriendin met twee vriende in ‘n stegie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.