Man swaar gestraf vir moord op polisieman

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Man is gevonnis vir die moord op ʼn polisiebeampte drie jaar gelede.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê ao. Thomas Mngomezulu (49) is in Desember 2012 in Maokeng in die Vrystaat aangeval. Hy is van sy beursie en dienspistool beroof voordat hy vermoor is. Sy private voertuig is verlate naby Brentpark in Kroonstad gevind terwyl sy liggaam in ʼn veld in Maokeng gevind is.

Volgens Thakeng het die Valke in Welkom die saak ondersoek en is twee mans in verband met die moord in hegtenis geneem. Een van die verdagtes is egter vrygespreek. Jack Smous (32) is skuldig bevind en tot 46 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sarel Strydom ·

Beter as lewenslank. Hoop net dat hy geen keuse op parool moet kry nie.

Griki ·

Dit is die soort vonnis wat ek graag wil sien vir alle moordenaars en verkragters. Wie is die briljante regter?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.