
Argieffoto
ʼn 39-jarige man is Woensdag in die Rustenburgse streekhof tot agt jaar tronkstraf gevonnis, nadat hy ʼn selfoonwinkel in die Boitekong-winkelsentrum digby Rustenburg beroof het.
Volgens kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder, het Musawakhe Malembe en twee ander verdagtes werknemers en klante sowat vier jaar gelede in die selfoonwinkel met ʼn geweer gedreig en binne die kantoor in die winkel toegesluit. Hulle is daarna vort met die gesteelde selfone ter waarde van R123 000.
Die polisie is deur die klante, wat steeds in die kantoor vasgekeer was, na die toneel ontbied.
Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle ʼn verdagte voertuig gewaar en in ʼn jaagtog agternagesit. Die vermeende diewe het op die polisie begin losbrand. Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op twee vuurwapens.
Die twee verdagtes is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat, waarna Malembe ʼn paar keer in die hof verskyn het. Hy is Woensdag skuldig bevind op aanklag van diefstal.
Volgens Rikhotso is ʼn lasbrief vir die derde verdagte, Sopho Mahlangu (39), se inhegtenisneming sedertdien uitgereik. Dit is nog nie bekend watter lot die tweede verdagte, wat saam met Malembe in hegtenis geneem is, te beurt geval het nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
is 8 jaar n swaar fonnis vir gewapende roof?
Lagwekkend – moet in om nooit weer uit te kom nie.
‘n Gewapende rower is ‘n potensiële moordenaar en moet dus baie swaar gestraf word….