Man swaar gevonnis ná hy bejaarde verkrag

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 29-jarige man is Dinsdag in die Mhala-streekshof in Mpumalanga tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op aanklag van verkragting van ʼn 82-jarige vrou in Januarie 2017.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, sê Regiment Maluleke het in die hof vertel hy het na die bejaarde se huis in Newton Trust, digby Bosbokrand in Mpumalanga, gegaan en gemaak asof hy op soek is na sy vriendin. Hy het die bejaarde alleen in die huis aangetref. Hy het in die hof erken dat hy haar daar verkrag het.

“Die aanklaer, Matume Maake, het aan die hof gesê dat Maluleke nie skuldig gepleit het omdat hy berou het nie, maar weens die DNA-getuienis wat hom aan die verkragting verbind. Hy het aangevoer dat Maluleke ʼn ernstige oortreding gepleeg het en swaar gestraf moet word,” sê Nyuswa.

Nyuswa sê Maake het die staat versoek om Maluleke ʼn swaar vonnis op te lê ten einde ouer vroue te beskerm wat kwesbaar is vir misdadigers wat hulle as maklike teikens beskou. “Die slagoffer het emosionele spanning opgedoen en ook liggaamlike beserings gehad,” sê sy.

Die landdros, Elmarie Theron, het geen wesenlike en dwingende omstandighede gevind om van die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange tronkstraf af te wyk nie

Die direkteur van openbare vervolging, adv. Matriek Luphondo, het die skuldigbevinding en vonnis verwelkom in die lig van die huidige vlaag voorvalle van geslagsgebaseerde geweld in die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Prikkie ·

Mooi so landdros Theron – u moes nog net gelas het dat hy nie vir parool in aanmerking mag kom nie.

Foefie ·

Liewe aarde… as ‘n man darem SO spils raak dat hy ‘n 82-jarige verkrag dan is daar wraggies net die tronk en inmates oor vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.