Man swaar gevonnis vir verkragtings, moord

Argieffoto

ʼn 28-jarige man wat vier minderjarige meisies verkrag en een van hulle vermoor het, is swaar in die hooggeregshof in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga, gevonnis.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê Stevenson Hamilton Mambane (28) het die meisies tussen 2008 en 2013 verkrag nadat hy hulle in beboste gebiede ingelok het.

“Die eerste voorval het in 2008 plaasgevind toe Mambane ʼn 9-jarige meisie wat op pad was huis toe ná skool ontvoer, in bosse ingedwing en herhaaldelik verkrag het,” het Sedibe gesê. “In 2009 het Mambane in twee aparte voorvalle twee meisies, onderskeidelik 10 en 11 jaar oud, in bosse ingelok en verkrag.”

Volgens Sedibe het die laaste voorval in 2013 gebeur toe Mambane ʼn 16-jarige meisie verkrag het voordat hy haar verwurg het. “Nadat die hof van Mambane se hartelose en kwaadwillige dade gehoor het, is hy ses lewenslange vonnisse opgelê wat samelopend uitgedien sal word.”

Sedibe het gesê hy glo die vonnis sal as afskrikmiddel dien vir ander potensiële verkragters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Michael ·

N paar jaar dan kry hy amnestie lewenslank sonder die keuse van parool of die doodstraf is n gepaste straf .

GES ·

Samelopende vonnisse is niks seggend. Een of ses is presies dieselfde. Sou graag wou weet hoe word swaar gestraf gedefinieer.

Tammy ·

Hoe belaglik en mislydend is die vonnisse nie. 6 Keer lewenslank maar dit word gelyklopend uitgedien. Ha Ha dit was n vermorsing van tyd. Hoekom nie 6 x 15 jaar wat 90 jaar effetiewe tronkstraf is nie. Kyk hoe jonk was die kinders en een gesin moes die trauma van dood verwerk!! Dit is definitief nie n afskrikmiddel nie maar n aanmoediging, want die straf skiet ver tekort. Ek is teleurgestel en kwaad, het nie woorde vir wat hier as geregtigheid moes wees nie, maar dit het absoluut nie geregtigheid laat geskiet nie. Hoe jammer tog. Dis maar net my eerlike mening.

lea venter ·

Bring die doodstraf terug. Anders word sulke persone weer vrygelaat en dan doen hulle maar net weer!!!

Mike ·

blah blah blah kry n 100 of 10 jaar sit tog net n paar jeer dan kom parool en die siklus van voor af…………………….

Sarel Strydom ·

Ses Lewenslange vonnis wa aaneenlopend uitgedien sal word. Die man gaan nie eers 25 jaar sit nie dan is hy uit op parool!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.