Man swaar gevonnis vir vrou se ontvoering, moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Oos-Kaapse man is Vrydag drie lewenslange vonnisse opgelê vir die ontvoering, verkragting en brutale moord van ʼn jong vrou van Butterworth.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê Luthando Qwele (31) is skuldig bevind vir die ontvoering, verkragting, roof en moord op Lutho Qhudalele (19) in Augustus 2014.

Volgens Manatha het Qhudalele vermis geraak nadat sy die oggend van 9 Augustus na haar ma se kleuterskool in die Ngcingwana-nedersetting in Dutywa gestap het. Sy is vir die laaste keer naby die kleuterskool gesien.

Nadat Qhudalele nooit by die kleuterskool opgedaag het nie, is sy aanvanklik as vermis by die polisie aangemeld. Haar liggaam is egter later gevind waar dit in ʼn rivier, ʼn paar kilometer van haar huis af, gedryf het.

“Qwele is in September 2014 deur die ondersoekspan in die sakesentrum van Mount Frere opgespoor en in hegtenis geneem,” het Manatha gesê. “Hy is Vrydag in die Mthatha-hooggeregshof gevonnis.”

Brig. Stanley Sibhidla, die bevelvoerder van die Butterworth polisie, het die ondersoekspan gelukgewens met die ondersoek en gesê hy hoop Qwele se swaar vonnis sal as afskrikmiddel vir ander potensiële misdadigers dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Karolis ·

Ek hoop saam met Brig. Sibhidla dat die swaar vonnis sal dien as afskrikmiddel.

Chris W ·

Nou sit hy in ‘n GRATIS “hotel” met 3 maaltye per dag,GRATIS medies EN geen bekommernisse of verantwoordelikhede nie!En hy gaan nog GRATIS opleiding vir ‘n beroep kry ook .Nee wat wie gaan skrik vir dit? Die galg sou ‘n baie doeltreffender(en goedkoper) afskrik middel gewees het.

Berhalet Beukes ·

Mmm, as hulle almal maar so wou straf. Interessant hoeveel ewe brutale dade gepleeg word en die misdadigers baie ligter daarvan afkom. Die gepaste straf vir sulke onmenslike misdadigers is die doodstraf en niks minder nie.

DPJ ·

As God vir ons sondes gesterf het watter reg het EK om te oordeel?

Olivia ·

God het gesê jy mag nie oordeel nie en vermaan mekaar met liefde. “Judgement” in die nuwe vertaling is ver begrip van die oorspronklike Hebreeuse bedoeling.
Wanneer jy ‘n moordenaar oordeel tree jy op as regter wat die 10 gebooie gehoorsaam, dis nie oordeel nie maar gehoorsaamheid aan God.

Liewe lulu ·

ons het ook die gawe gekry om te onderskei tussen reg en verkeerd. Hy moet verantwoordelikheid aanvaar vir sys dade

Absoluut ·

Absoluut, net soos ons nie kan oordeel kan hy nie ontvoer & moor nie. Verder weet ons almal met party mense werk mooi praat nie – hul moet swaar gestraf word. Geen persoon het die reg om n ander n lewe te ontneem veral n weerlose vrou of kind!!!!!!! Ek wil nie oordeel maar sowaar hierdie verkragter/moordenaars het geen respek of geloof! Tyd dat hul “acordingly “gestraf word!!!!

Wilhelm ·

Die afskaf van die doodstraf is een van die redes waarom die kriminaliteit so floreer. As die agbare “regering” dit sou terugbring sal sulke dade ook afneem en dan kan die president op die wyse meer geld spaar as om een hoofstad daar te stel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.