Man, swanger vrou sterf in botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man en ʼn vrou wat glo ʼn paar maande ver swanger was, is Maandagoggend dood nadat twee motors reg van voor in Pietermaritzburg gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is kort voor 06:00 na die ongelukstoneel op die R617 ontbied. Die twee wrakke van die motors, wat erg beskadig was, het in die middel van die pad gestaan.

“Die bestuurder van een van die motors het bewegingloos agter die stuurwiel gesit. By nadere ondersoek is daar gevind dat hy reeds aan veelvuldige beserings beswyk het,” het Meiring gesê.

In die tweede motor was twee vroue wat albei ook kritieke beserings opgedoen het. Daar was egter niks wat meer vir die bestuurder, wat ʼn paar maande ver swanger was, gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar, het Meiring gesê. Die tweede vrou is in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Frederik ·

Moet lees: ‘n Man, en ‘n vrou………………….
Soos dit nou lees, lyk dit of beide die man en die vrou swanger was.

tamboti ·

ek het nog nooit gedink ‘n man kan swanger wees nie, miskien roekeloos maar nie swanger.

Francois le Cochon ·

Wonderlik hoe ‘n simpel leesteken, soos ‘n komma, ‘n sin se betekenis totaal kan verander. Niks meer tragies as mense wat in motorongelukke sterf nie, veral ‘n swanger vrou.

Griki ·

Ek het geleer ‘n mens moet nie ‘n komma voor ‘n “en” sit nie. Wat van “‘n Man en ‘n swanger vrou…”. Dis egter onbelangrik en belaglik om fout te vind met taalgebruik onder hierdie omstandighede. Almal weet dis die vrou wat swanger was en dat dit ‘n tragedie is. Innige simpatie met die naasbestaandes en beste wense aan die beseerde dame vir volkome herstel.

Gesiggie ·

Frederik, as ek jy is al ek my kop in n gat druk en nooit uitlig nie.. Daar is mense dood en jy bekommer jou oor onbenullighede… Skreiende skande…..
Sterkte aan al die naasbestaande…. Dis ‘n vreeslike tragedie, mag God jul hierdeur dra…

Snaaksie ·

Regtig Frederik.
Uit die hele hartseer berig is dit wat jy daar uit kry?
Daar is families wat rou en jy bekommer jou oor hoe die berig geskryf is.
Sterkte aan die families!

Coenie ·

Is dit nie maar commen sense dat ‘n man nie kan swanger raak nie, Frederik?

cobusp ·

Wonder of dit nie die karre van vandag wat so swak gebou word wat soveel dood veroorsaak. Twee karre ry in mekaar vas en alles Val uitmekaar en disintegreer dus nou die karre en n klomp mense sterf……..snaaks was nooit so gewees in die ou tyd nie……….sorry vir die lewens verlies.

Theresa B ·

Liewe aardetjie tog. Dis darem vreeslik die ongelukke op die paaie weer deesdae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.