Man swendel glo slagoffers uit miljoene rande

Argieffoto

Jaco Jordaan (52) het Dinsdag in die Secunda-landdroshof in Mpumalanga verskyn ná hy glo ʼn Ponzi-slenter bedryf en talle slagoffers uit miljoene rande geswendel het.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê Jordaan is oorspronklik in Februarie vasgetrek ná sowat 120 slagoffers gekla het oor ʼn oënskynlike beleggingslenter van meer as R100 miljoen.

Die Valke in Mpumalanga het in Maart vanjaar die ondersoek oorgeneem.

“Jordaan, wat uit was op borgtog van R50 000, is onmiddellik ná sy verskyning in die hof in hegtenis geneem. Sy saak is uitgestel tot 15 November hangende verdere ondersoek,” het Sekgotodi gesê.

Volgens haar word hy ook verbind met soortgelyke sake in Sandton naby Johannesburg.

Jordaan verskyn Donderdag in die Wynberg-landdroshof op soortgelyke aanklagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sê maar net ·

Wens iemand wil….Choice Lifestyle Changer…’n sytak van Agapé in die Kaap…kom ondersoek…. Die is ook ‘n piramiede skema…wat onder Business Rescue is…

Sarel ·

Die Slagoffers gaan seker nou weer versntwoordelik gehou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.