Man terug tronk toe ná hy op parool verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Verkragter van Mpumalanga wat in 2012 op parool vrygelaat is, is weer tronk toe gestuur nadat hy skuldig gepleit het op aanklag dat hy twee vroue verkrag het in die eerste ses maande nadat hy vrygelaat is.

August Khumalo (37) is Donderdag in die Nelspruit-streekhof tot 17 jaar tronkstraf gevonnis. Khumalo is op 19 Oktober 2012 weer in hegtenis geneem op aanklag dat hy twee vroue, onderskeidelik 27 en 29 jaar oud, verkrag het.

Staatsaanklaer Magda Marais het gesê die beskuldigde het twee vorige veroordelings. Hy is in 2003 aan diefstal skuldig bevind en is met R600 beboet of drie jaar tronkstraf. Hy is ook in 2005 skuldig bevind aan diefstal en verkragting en is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.

Landdros Willie Wilkins het in sy uitspraak gesê verkragting in Suid-Afrika neem epidemiese proporsies aan. Hy het gesê indien Khumalo onskuldig gepleit het, hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis sou word.

Khumalo sal die oorblywende deel van sy vorige vonnis, wat in September 2016 eindig, uitdien voor hy met sy nuwe vonnis sal begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Ladybug – Almal gaan gou vir ‘n rukkie tronk toe en is dan skielik weer “gerehabiliteer” en uit is hulle. Wonderwerkte gebeur in tronke. (Ja as jy die Paashaas is). Kap af wat hom pla en los hom dan maar buite die tronk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.