Man toegang tot casino ontsê oor seun in kar

ʼn Vrou het Vrydag op die seuntjie afgekom waar hy glo alleen in ʼn motor in die onderdakparkering gesit het. Foto: Verskaf

ʼn Man is lewenslank toegang tot Emperors Palace geweier nadat ʼn voorlopige ondersoek aan die lig gebring het dat hy glo sy minderjarige seun sonder toesig in ʼn motor in die parkeergebied van die casino in Kempton Park gelaat het.

ʼn Vrou het Vrydag op die seuntjie afgekom waar hy glo alleen in ʼn motor in die onderdakparkering gesit het. Sy het die veiligheidspersoneel ontbied, foto’s van die motor en die seun geneem en haar tot sosiale media gewend in ʼn poging om sy ouers op te spoor.

Die plasing het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei met mense wat hul misnoeë uitgespreek het. Klagtes is ook by Emperors Palace aanhangig gemaak.

Maroela Media is in besit van ʼn gesprek wat die seun se ma en ʼn sosialemediagebruiker gehad het waarin sy beweer sy was nie bewus dat die kind alleen gelaat is nie en dat die seun glo in haar man se sorg was terwyl sy by die werk was. Die kind is veilig en ongedeerd.

Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die Kempton Park-polisie, het aan Maroela Media gesê hy is nie bewus daarvan dat daar enige strafregtelike klag by die polisie aanhangig gemaak is nie. Die plasing op sosiale media is intussen verwyder om volgens die Kinderwet die seun se identiteit te beskerm.

Julie van Wyk, openbare verhoudingsbestuurder van die Peermont-groep en woordvoerder van Emperors Palace, het by navraag aan Maroela Media gesê daar is Vrydag dadelik teen die betrokke party opgetree nadat die seun in die motor gevind is en die nodige stappe is gedoen.

“Ons neem sulke voorvalle baie ernstig en dit is teen Emperors Palace se beleid om kinders sonder toesig in die oord te laat. Die oord het ʼn toegeruste kindersorgsentrum met professionele versorgers om ʼn verskeidenheid opwindende aktiwiteite en toesig te bied,” het sy gesê.

Sy het gesê Emperors Palace duld nie sulke gedrag nie en het mense aangemoedig om dadelik veiligheidsbeamptes in kennis te stel as hulle soortgelyke voorvalle teëkom.

“Ons wil graag besoekers en lojale ondersteuners verseker dat hul veiligheid, en die veiligheid van kinders, altyd van die grooste belang is,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Chantel ·

Sies Pappa jy behoort jou self te skaam, daai arme arme seuntjie :(

Alida ·

Hy was seker te suinig om die kind na die toesighoudende speelterrein te vat. Swak nogmaals swak.

Antjie ·

SAPD en NVG: Ek is geleer dat enige polisiebeampte ondersoek kan instel indien vermoed word dat ʼn misdaad gepleeg is. Hoekom kry ek die idee dat hierdie mense deesdae nie meer pligte het, behalwe om dom verklarings neer te skryf om die regsproses te verydel nie…

PJC ·

Sal baie interressant wees om te sien of iemand iets omtrent hierdie voorval gaan doen want baie duidelik is hierdie ou nie bevoeg om na sy kind te kyk nie.

Piet Pompies ·

Duidelik het die ouer ‘n probleem, eerstens is daar ‘n gebrek aan regte opvoeding teenoor sy kind deur verwaarlosing en dan wil dit voorkom of hy ‘n dobbel probleem het.

Anoniem ·

Welgedaan Emperor’s, goeie standpunt om teen die seun se pa in te neem!

Ada ·

Hoveel ure wou hy in die seuntjie alleen laat wonder ek?
Hy is geen ouer nie. Hoe lank wou hy dobbel?
is dobbel belangriker as sy kind? Dit lyk my so.
Hy moet aangekla word.

Lientjie ·

Ek wonder of hulle hom nie kan aankla vir kinderverwaarlosing nie, maar dit sal seker nie gebeur nie. Ek wonder hoe gaan hulle die slegte pa monitor dat hy nie weer by hulle perseel kan inkom nie.

pikkewyn ·

ek sou die man iets aandoen as ek in daardie vrou se skoene was……

Boerseun ·

Skokkend. Net n ander ding. Die facebook warrior het klaar sonder toestemming n minderjarige se foto op sosiale media gedeel. Dit is later verwyder maar dit is klaar gedeel. Wat se die wet oor sulke plasings? Glo nie ons facebook warrior mag die seun se foto geplaas het en moes maar eerder sukuriteit gekontak het as om net na sosiale media te hardloop. Sy self kort n tik op die fingers en Sy moet nie verbaas wees as sy gedagvaar gaan word vir die foto plasing nie.

O liewe aarde ·

Liewe aarde is jy familie, jy worry oor die foto, dit is goed dat mense dit gesien het, as hul hom nou saam sy slegte pappa sien, weet hul wie hy is en dit sal hom dalk red van sy dobbel probleem, want dit is duidelik, wie dobbel as jou kind alleen vir ure in ‘n voertuig vasgekeer is. Lees Gina se komentaar, dit is so absoluut waar en seer vir albei seuntjies. Ek ken 1000de Pappas wat alles in die lewe sal opoffer om daardie paar ure met daardie seuntjie te speel en sy Pappa voel ag wat hou jouself besig want ek hou myself besig en dalk nog met die melk geld van die kind.

Wonder ·

Wonder wat is sy verskoning? Nee oom, jy is nie ‘n minister om weg te kom met kindermishandeling nie. Hoop jou familie teer en veer jou.

Deloris ·

Wel gedaan aan E Palace.. maar wat is die kans dat die onbevoeglike en onverantwoordelike pa hom gaan vermom om weer in te stap daar, ek hoop sy vrou gaan vir hom goed gas gee …….

gina ·

In n ander berig treur n mamma oor haar klein seuntjie wat gesterf het weens n brand. In hierdie berig verwaarloos n pa sy seuntjie om te dobbel. As hy maar net haar smart ken, sal hy sy seuntjie soos goud oppas en waardeer dat hy nog vir hulle gespaar is.

heidi ·

Wat het in daai arme kind se koppie aangegaan toe hy vir sy pa gewag het. Hy ry nog in ‘n karstoeltjie, dit is duidelik dat hy bitterlik klein is. Daai pa moet toegesluit word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.