Isaac Maphanga (31) van Mataffin naby Nelspruit is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis. Maphanga is op 7 April 2013 in hegtenis geneem nadat hy sy eksvrou, Thandi Balukile Molapo, met ʼn kapwapen aangeval het. Hy het onskuldig gepleit.
Landdros Vanessa Joubert het Maphanga aan poging tot moord skuldig bevind en gesê die hof is tevrede met ʼn ooggetuie se weergawe van die gebeure. “Jy word tot sewe jaar tronkstraf gevonnis en onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.”
Volgens Joubert bly Maphanga en Molapo sedert die aanval nie meer saam nie. Maphanga het Molapo glo daarvan beskuldig dat sy R1 000 wat hy vir haar gegee het om kos en klere vir die kinders te koop, misbruik het.
Molapo ontvang tans ʼn ongeskiktheidstoelaag, aangesien sy verlam gelaat is na die aanval.
Sewe jaar is absoluut niks vir so n vrede aanval nie, hy wou haar doodmaak, sy lewe, maar haar hele lewe is nou van haar gesteel. Haar hele lewe is n gesukkel en hy loop na sewe jaar en gaan sy lewe normaal voort.
Molapo gaan hopelik nie maar waarskynlik tog steeds verlam wees na 7 jaar. Tog het Landros Vanessa Joubert 7 jaar as genoegsame straf beskou. Hy behoort vir haar te werk as hy sy gevangenisstraf uitgedien het. As iemand met 12 jaar wegstap nadat hy sy vrou vermoor het vergelyk 7 jaar in die betrokke geval seker op ‘n manier daarmee. Wonder hoe werk regsbankmense se koppe wanneer straf uitgedeel word – of, soos Leeutjie gesê het, die oggend se bui verband hou daarmee.
Watwou 7 jaar sit, dalk 7 maande. En nou moet die staat vir haar sorg vir die res van haar lewe. My en jou se belasting geld. Hulle kan net sowel maar die klugspul van n regsbank ontbind.