Man tronk toe na hamermoord op boer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 22-jarige man is Donderdag in die rondgaande hof in Nelspruit, Mpumalanga tot 30 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn bejaarde boer met ʼn hamer doodgeslaan het.

Welcome Zenzele Bulunga het skuldig gepleit op aanklag van moord, roof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Hy is skuldig bevind aan die moord op Gerhardus Petrus de Beer (82) en die aanranding van sy blinde vrou, Nicolina Albertina Jacoba de Beer (81), op hul plaas Spioenkop naby Witrivier op 10 Oktober 2013.

Die hof het gehoor dat Bulunga die egpaar van twee selfone, ʼn horlosie, ʼn televisie en twee vuurwapens beroof het. Volgens Bulunga se pleitverklaring, wat deur sy regsverteenwoordiger Percy Tshabalala aan die hof voorgelees is, het hy die dag van moord na weiding gesoek vir vee.

“Ek het verby ‘n plaashuis geloop en ‘n grassnyer op die grasperk gesien. Ek het oor die heining gespring en terwyl ek die grassnyer na die heining gestoot het, het ek gesien een van die geboue se vensters is gebreek. Ek het by die venster ingeloer en gesien dit is ‘n werkswinkel vol gereedskap. Ek het ‘n bejaarde man sien nader kom en ‘n hamer uit die werkswinkel gegryp, oor twee heinings gespring en hom aangerand,” het Bulunga gesê.

Volgens Bulunga het hy hierna die plaashuis se deur oopgestoot en ʼn bejaarde vrou in ʼn stoel sien sit. Hy het haar met die hamer aangerand en op kontant aangedring. Bulunga het die twee vuurwapens en ander items gevat. “Terwyl ek uit die huis gestap het, het ek die bejaarde man sien nader kom. Ek het die televisie neergesit en hom weer met die hamer aangerand.”

Bulunga het die twee selfone die volgende dag aan Siphiwe Nkosi en Nonhlanhla Mashaba vir onderskeidelik R100 en R70 verkoop. Hy het die vuurwapens na sy suster se huis gevat en in ʼn ou Isuzu-bakkie weggesteek. “Ek gee hierdie verklaring met opregte berou en vra om vergifnis van die De Beer-familie,” het Bulunga gesê.

Regter Peter Mabuse het tydens vonnisoplegging gesê: “Jy het ʼn weerlose egpaar met geen krag om hulself te beskerm in die veiligheid van hul eie huis aangeval.” Mabuse het daarop gewys dat Bulunga nooit die motief vir die aanval aangedui het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Slaan hom met ‘n hammer. Sulke gemors maak net die tronke vol !!

Petrus Swanepoel ·

Mens kan sien die persoon ken geen waarde stelsel, wie kan vir my die volgende woorde vertaal in enige van ons elf landstale (behalwe Engels en Afrikaans)

Respek, liefde vir jou medemens, verantwoordelikheid, geloof, waarde stelsel…..

pop ·

Hoeveel lesers besef dat geen baba gebore word met empatie nie. Die Pa en Ma moet dit vir die kleintjie wys en leer. Jy laat nie toe dat n kind n hond bv skop nie, jy vertel hom die hond kry seer en uiter troetel woordjies teenoor die dier. So leer hulle. Nouja werk die res uit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.