Man tronk toe na hy 14-jarige verkrag

court-hammer_thumbʼn 18-jarige man van Mpumalanga is skuldig bevind aan die verkragting van ʼn 14-jarige meisie en is tronkstraf opgelê.

Johnson Hlabathini Mkhonto (18) is Maandag in die Nelspruit-streekshof tot 16 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is in April verlede jaar in hegtenis geneem op aanklag dat hy die meisie in 2012 in ʼn veld in Barberton verkrag het.

Mkhonto, wat 16 jaar oud was tydens die voorval, het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Staatsaanklaer Cindy Sihlongonyane het gesê DNS-monsters wat in ʼn kondoom op die toneel gevind is, is positief aan die beskuldigde verbind.

Sihlongonyane het gesê ondersoekers het twee kondome op die toneel gevind. “Volgens die slagoffer het die beskuldigde haar gegryp waarna hy ʼn kondoom probeer aansit het maar dit laat val het. Hy het hierna ʼn ander kondoom aangesit en haar verkrag.”

Sihlongonyane het gesê die DNS is in die tweede kondoom gevind. “Die polisie het ook die slagoffer se broekie en skoene op die toneel gevind.”

Mkhonto se ma het buite die hof gehuil en gesê haar seun is onskuldig. “My seun het dit nie gedoen nie. Hy is gevonnis vir iets wat hy nie gedoen het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

18 jarige man, in ander berig verwys julle na 18 jarige seun, vra maar net?

Pietsnot ·

Wetlik gesproke ‘n man (hy’s meerderjarig).
Prakties gesproke ‘n seun (kyk om jou rond hoe volwasse die gemiddelde 18 jarige is – of nie is nie).
Albei is dus reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.