Man tronk toe na hy kind dwing om ontlasting te eet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis nadat hy ʼn tweejarige seun erg aangerand en die kind gedwing het om sy eie ontlasting te eet.

Kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, het gesê Bennet Hakkies (28) is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hakkies het die kind, sy vriendin se seun, op 15 Mei 2014 erg aangerand en sy voete met kookwater gebrand. Hy het ook ʼn baksteen op die seun se bors gesit en hom gedwing om sy eie ontlasting te eet.

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Beaufort-Wes het Hakkies op 17 Mei in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nicolette ·

Ai , dis sieker as siek man.Gooi die vent in die tronk en verloor die sleutel

Theresa ·

Doen presies dieselfde aan hom………………. Hierdie tipe misbaksels se straf is hopeloos te sag.

Leeutjie ·

Hy gaan in die tronk sy eie moet eet! Daar is manne wat sy gal vir hom sal werk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.