Man tronk toe ná hy met kragmeters op plase peuter

Argieffoto ter illustrasie.

Gerhard Ferreira is vandeesweek in ʼn Vrystaatse hof tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is dat hy met Eskom-meters op plase gepeuter het om krag te bespaar.

Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder van Eskom in die Vrystaat, het gesê Ferreira is op 26 Mei verlede jaar in hegtenis geneem.

“Die beskuldigde het dienste aangebied om kragmeters op plase in die Bothaville- en Viljoenskroon-omgewing teen ʼn koste te kalibreer en sodoende krag te spaar vir die plaaseienaars. Eskom het ʼn wenk ontvang en die Valke genader om ondersoek in te stel.

“Die Valke het tydens hul ondersoek Ferreira op heterdaad betrap waar hy aan ʼn kragmeter gepeuter het en hom in hegtenis geneem,” het Jansen van Rensburg gesê.

Ferreira het daarna in die Kroonstad-streekhof verskyn. Hy het Dinsdag skuldig gepleit op 14 aanklagte van bedrog en tien van opsetlike saakbeskadiging.

Hy is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is op die voorwaarde dat hy Eskom R921 830 terugbetaal weens die verlies wat die maatskappy gelei het. Hy moet die geld teen 31 Desember 2020 terugbetaal.

Die mense wat Ferreira vir sy onwettige dienste betaal het, moet in totaal R229 000 aan Eskom terugbetaal.

Beweerde bedrog en elektrisiteitdiefstal kan by Eskom se tolvrye nommer, 0800 11 2722, aangemeld word. ʼn SMS kan ook teen ʼn koste van R1 ʼn na 32211 gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Eben ·

Wat van die diefstal van elektrisiteit in woonbuurte? Ons regstelsel het dubbele standaarde.

Pieter ·

Dit gaan by ons kusdorp se informele woongebied ook so. 1 kant van die pad betaal die inwoners (wat swaar trek) getrou hul krag rekenings en aan die anderkant hang die drade van die onwettige verbindings van die kragpale per stofpad na die huise. En ons mislukte-paliteit is bewus van die diefstal, maar daar word niks aan gedoen. Beslis dubbel standaarde.

Lee ·

Gaan kyk maar by Prinses nedersetting in Roodepoort. Daar is ook onwettige drade wat hang oor die pad na die plakkerskamp toe. Gaan kyk daar is DSTv skottels ook daar. Ek stem saam Eben en Pieter, dubbele standaarde beslis.

Ag asb tog ·

JANEE maar die KABELDIEF het ‘n huis by die ANC gekry plus ‘n salaris elke maand EN hy het gesorg dat TWEE wIT MANS in die tronk vandag sit vir 14 en 16 jaar en hy is NOOIT vervolg vir KABELDIEFSTAL NIE . te lekker hierdie nuwe SA waarin ons nou woon en waarna julle almal uitgesien het …. HET HLAUDI al sy geld terugbetaal of is dit net die WITTES wat die geld moet terugbetaal?

anoniem ·

Dubbel standaarde. Lekker om hom onderstebo aan die paal op te hang terwyl daar ‘n swetterjoel onwettige kragverbruikers daar buite is.

Jaar na jaar word miljoene afgeskryf weens wanbetaling. Daar word begroot vir kabeldiefstal… Maar ja.

Dis die goeie ou R van SA die.

bloues ·

12 Jaar vir peuter aan kragmeter en dan 12 jaar vir moord.
Maak nie sin nie. Dink net hoe kan die doodstraf toegepas word!

geld ·

hoe gaan hy die geld terug betaal as hy in die trunk sit??. Se maar net

geld ·

Oor twee jaar moet die geld terug betaal word, hy sit nog ini tronk. lol

Colleen ·

Ek weet van iemand wat laat peuter het met hul meter, maar bly nou nie meer in die huis in Tygerdal nie. Kan dit na al die jare nog rapporteer word?

Siekensat ·

Du Noon, Nyanga, Khayelitsha, Guguletu, Langa…… gaan kyk bietjie daar Eskom.

Lerato ·

Sommige munisipaliteite betaal nie. Plakketskampe betaal nie.

Ons middelklas betaal meer en meer. Ons het 2008 oorgseskakel na gasstoof en n solar geyser.

Krag gaan nog vrek duur raak.

marous ·

Hulle foon is af . Wil graag onder hul aandag bring dat ek so pas uitgevind het dat daar ‘n bekende oosterse familie landuit is wat onderduimshede gepleeg het. Dan ook dat die bestuur en andere dalk betrokke was. Dis blykbaar biljoene dermiljoene der twintig duisend en een honderde en elf en veertig honderde duisenwekkingende ….aaag los dit maar.

Nou hoe noy ·

Hy moet byna n miljoen terug betaal teen 2020, wat minder as 2 jaar van nou af is maar hy gaan gaan sit vir 5 jaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.