Man tronk toe ná hy paartjie aan die brand steek

Willem Fortuin. Foto: SAPD

Willem Fortuin. Foto: SAPD

ʼn Man van Prieska in die Noord-Kaap is Dinsdag in die hooggeregshof in De Aar tot tronkstraf gevonnis vir moord.

Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê Willem Johannes Fortuin (37) is tot effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is daaraan skuldig bevind dat hy op 20 Maart verlede jaar vir Rosie Meintjies (25) en Owen Olyn (20) aan die brand gesteek het. Albei het aan hul wonde beswyk. Meintjies was Fortuin se voormalige vriendin.

Meintjies en Olyn het die aand van die moorde saam met Leon Ludick (24) en Magdaline Jood (33) in ‘n kamer op die plaas Lemoenpoort geslaap. Ludick het wakker geskrik toe hy gille hoor en gesien Meintjies en Olyn brand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Mans moet ophou om vrouens (gades of vriendinne) as hulle persoonlike besittings te sien en te behandel. As ‘n vrou niks meer met jou te doen wil he nie, VAT DIE PAD! Jy sal uiteindelik (as jy haar behoorlik behandel) ‘n ander vrou of vriendin kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.