Man tronk toe na moord met skaapskêr

James Siff. Foto: SAPD

James Siff. Foto: SAPD

James Siff (42) is Woensdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof tot tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn man met ʼn skaapskêr vermoor het.

Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê Siff is tot ʼn effektiewe 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Vernon Hugh Kok (49). Siff en Kock het op 18 Oktober rusie bemaak oor ʼn sokkerwedstryd wat hulle op televisie gekyk het by Siff se huis in Campbell.

Siff het ʼn skaapskêr gevat en Kok in die bors gesteek voor hy van die toneel af gevlug het. Hy is die volgende dag in hegtenis geneem. Siff is in 1998 skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer en in 2010 aan roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Kan jy dit glo – moord – en dit oor ‘n argument oor sokker!! Maar moord is mos een van ons land se nasionale sporte (saam met verkragting en roof)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.