Man tronk toe oor ietermagog

‘n Ietermagog. (Foto: African Pangolin Working Group/Facebook.)

ʼn Zimbabwiër is tot agt jaar tronkstraf gevonnis, sonder die opsie van ʼn boete, nadat hy ʼn ietermagog uit ʼn natuurreservaat in Limpopo gesteel het.

Knowledge Dube (35) is in die Seshego-streekhof gevonnis nadat hy die ietermagog uit die Polokwane-natuurreservaat gesteel het.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Dube is op 12 Junie vanjaar deur lede van die veediefstaleenheid en beamptes van die provinsiale departement van omgewingsake voorgekeer waar hy langs die reservaat gestap het. Hy het ʼn ietermagog in sy besit gehad en is in hegtenis geneem.

Dube het tydens sy verhoor skuldig gepleit op aanklag van die onwettige besit van ʼn bedreigde spesie. Hy het aangevoer dat hy die ietermagog na ʼn tradisionele geneser wou vat sodat dié vir hom medisyne kan maak.

Itumeleng Selepe, staatsaanklaer, het ter strafverswaring gesê die bedreigde ietermagog word gewoonlik gestroop vir tradisionele medisyne of landuit gesmokkel. “Ons kan nie bekostig om hierdie bedreigde spesie in ons land te verloor nie.” Sy het versoek dat Dube tot direkte tronkstraf gevonnis word.

Adv. Ivy Thenga, provinsiale direkteur van die NVG, het die vonnis verwelkom. “Dit sal dien ter waarskuwing en wys dat oortreders aan die pen sal ry, veral diegene wat bedreigde spesies stroop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rose ·

Rerig so asof renosterhoring en ietermagoskubbe nou regtig gaan help vir daai deng,

Kokerboom ·

Knowledge het deeglik knowledge gehad van die skade wat sy stropery veroorsaak maar hy voel ‘n veer!!Sy land is seker al kaal gestroop. Vraag is wanneer gaan SA die invloei van stroper buitelanders uit noorde stopsit. Lande noord van ons se springkaanbeleid het al hul lande verwoes nou teiken hul ons land!!

Tanja ·

Ek hoop Zimbabwe kry ń rekening vir diè 8jaar wat een van sy burgers in SA tronk sit

Janee ·

Dis blykbaar ‘n lang storie…glo dit of nie…hulle ly aan emosionele stress

Fedup ·

Good. I would have preferred 15 years just to make sure anyone is deterred from poaching in our country.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.