Man tronk toe oor kinderpornografie

James Summers Prinsloo. (Foto: SA Polisie)

Die Durbanse landdroshof het Woensdag 12 jaar tronkstraf aan James Summers Prinsloo vir die besit én vervaardiging van kinderpornografie opgelê.

Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, is Prinsloo skuldig bevind nadat ʼn foon met kinderpornografie in April in ʼn taxi in Durban gevind is.

Die foon is deur ʼn wagwoord beskerm en kon aanvanklik nie ontsluit word nie. Nadat die foon wél ontsluit is, is die geheuekaart ontleed en ʼn verdagte – Prinsloo – geïdentifiseer.

Sommige kinders in die foto’s het boonop skoolklere aangehad.

ʼn Lasbrief is vir Prinsloo se inhegtenisneming uitgereik en hy is in November in hegtenis geneem. Hy het kort daarna in die hof verskyn waar sy aansoek om borgtog van die hand gewys is, het Mbele gesê.

“Grootskaalse pogings is aangewend om die kinders [in die materiaal] op te spoor. Die kinders is positief geïdentifiseer en het erken dat die verdagte hulle seksueel aangerand het.”

Prinsloo sal binnekort in Muizenberg ook teregstaan op aanklagte van verkragting van drie minderjariges in die Ocean View-gebied in Kaapstad.

Prinsloo is vantevore al skuldig bevind aan seksuele misdrywe. Hy is vroeër skuldig bevind aan verkragting en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy is ook skuldig bevind aan onsedelike aanranding en ʼn boete van R2 000 of drie maande tronkstraf opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Agter die skerms..... ·

Daai stem ek ook helemal mee saam Muis helemal.

Zhara ·

Wat is vir n man of vrou aantreklik of aanloklik aan n kind se lyf????? My brein is seker te pap

Misky ·

Lyk soos die duiwel in n kinder Bybel.....

Moes hom nooit so lig gevonnis het die 1ste keer nie. Netn bewys hulle verander nie. Sluit toe en gooi die sleutel in die see. Siesa!!!

Henri ·

Nog n misdadiger wat versorg gaan word. Geen bekommernis meer oor slaap en eet nie. Belastingbetalers sorg mos goed.

netMYopinie ·

Net 5 jaar vir verkragting? Dit is duidelik nie genoeg nie. Ek dink dit moet 25 jaar wees met harde arbeid om ten minste die etes te regverdig. En geen ander voordele soos
gratis studies of warm water of sigarette en snoep goed nie.

Stebastiaan ·

Hulle moet so een kastreer dan sal hy nie weer verkeerde gedagtes kry om so iets te wil doen nie.

Riley ·

Die stelsel vaal ons arme kindertjies. Verwoes ‘n kind se lewe, word gevang, gevonnis, vrygelaat, verwoes nog ‘n kind se lewe en so gaan dit aan.

JC ·

12 Jaar is nie naastenby genoeg nie…..hy moet vrot ini tronk…..net soos sy vrot aksies

Charmaine ·

Hulle moet hom sommer lewenslank toe sluit want hy het mos nou bewys hy sal dit oor en oor doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.