Man tronk toe oor moord op vriendin

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van die Noord-Kaap is in die Prieska-streekshof tot tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vriendin.

Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê Gallen Steenkamp is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Rachel Thys (28) in 2005.

Volgens Kock het Gallen en Thys destyds saamgewoon en is Thys op 30 Maart 2005 as vermis aangemeld. Haar liggaam is op 10 April in ʼn toiletdrein in Bosmanstraat, Marydale, gevind.

Steenkamp (31) is in hegtenis geneem en van haar moord aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.