Man tronk toe oor vals kapingsklag

Argieffoto ter illustrasie.

Ashlei Naiker is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis nadat hy beweer het sy motor is gekaap en hy van sy versekeringsmaatskappy geëis het.

Naiker is in die Springs-landdroshof aan bedrog en regsverydeling skuldig bevind en gevonnis, het kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê.

Naiker het in Oktober 2016 ʼn kapingsklag by die Brakpan-polisiestasie aanhangig gemaak. Hy het aan die polisie gesê sy silwer Volvo is gekaap.

Die polisie en Naiker se werkgewer, die Ekurhuleni-metro, het die bewerings ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat die klag vals was. Daar is vasgestel dat Naiker en ʼn kollega sy motor aan die brand gesteek het waarna Naiker meer as R300 000 van sy versekeringsmaatskappy gekry het.

Die polisie het lede van die publiek gewaarsku dat die gereg hulle sal inhaal indien hulle ʼn vals klag aanhangig maak.

“Dit is ʼn strafregtelike oortreding om ʼn vals klag aanhangig te maak aangesien dit die polisie se hulpbronne mors.

“ʼn Vals klag dra ook tot misdaadstatistieke by wat tot ʼn vals alarm kan lei rakende toenemende vlakke van misdaad,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AmY ·

Dis reg so!!!
Sit boetman…
Dankie tog vir my ‘doodgewone eerlike.’
Ek het selfs al ‘n kassier reg gehelp wat vir my te veel kleingeld gegee het.

Grens ·

Ek neem die arme man nie kwalik nie, jy kry ‘n trouring saam ‘n Volvo wat jy koop. Geen inruil waarde vir daai motors. Maar ja, om bedrog te pleeg, gaan jou boude sit.

Swanna ·

As ek reg lees volgens die berig was hy self ‘n geregs dienaar en dan vang hy so iets aan. Gedog hy is bo die wet verhewe soos baie van hulle dink wanneer hulle in sulke poste is. Ons sien dit elke dag bv. Gumede ens.

Skoolgeld ·

Dankie vir die manne in blou wat dit opgevolg het! Wat die Volvo aan betref is tipies dat die mensdom nie twee keer dink voor hulle ñ voertuig koop nie. In hierdie geval was dit ook seker dat die mark nie belang gestel het omdat niemand dit koop nie. Die handelaars het selfs al ñ houding van “verkoop jy eerder self jou motor” voor hulle dit sal inruil al is jy bereid om dit teen ñ laer prys te doen word daar gesê hulle het teveel “stock” maar jy moes 3 weke wag toe jy dit destyds nuut gekoop het en die verkoopsman se persoonlikheid is ook nie dieselfde as toe!

WIEBO ·

Om R300 000 uit te kry vir n Volvo is n bargain. Wys jou net wat jy sal doen om van n Volvo ontslae te raak! Mar tog verkeerd van die man om bedrog te pleeg.

De Villiers ·

Dis mense soos hierdie wat maak dat versekeringspremies gereeld styg, en tans so hoog is. Gelukkig is hierdie geval voorkom danksy die ondersoekspan se goeie werk.

Mag hierdie geval ń les wees vir voornemende bedrieërs.

Booyzee ·

Ons is versekeringsondersoekers (“Insurance Investigators”) … versekeringsbedrog kom skrikwekkend gereeld voor en dan ook van mense van wie jy dit glad nie verwag nie. Die publiek besef nie die ernstige gevolge van die misdaad (meineed en bedrog) nie. Briljante werk deur almal betrokke hier – dit maak my dag !

Vonkprop ·

Die polisie waarsku die publiek dat die gereg hulle sal inhaal lol hahahaha. Hulle maak een suksesvolle arrestasie uit duisende sake en nou dink hulle dat hulle is die beste in die wêreld. Vir sekere dinge soos korrupte regerings amptenare draai hulle ‘n blinde oog so die gereg sal hulle nooit inhaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.