Man tronk toe vir besit van kinderpornografie

Tyrone James. Foto: Eugene Gunning

ʼn Man wat met meer as 56 000 foto’s en videos van kinderpornografie in sy besit betrap is, gaan agt jaar agter tralies deurbring.

Tyrone James van die Wildernis is Vrydagmiddag in die streekhof gevonnis. Die saak spruit uit ’n voorval op 17 Maart 2016 naby die Touwsrivierbrug in Wildernis.

Tydens die hofverrigtinge is verslae van ʼn sielkundige en ʼn maatskaplike werker ingedien. Stephanie Swiegelaar wat namens James verskyn het, het aan die hof gesê dat hy skuldig gepleit het op al die aanklagte teen hom. Hy het berou oor sy dade.

Hy het aan die sielkundige wat die verslag saamgestel het, gesê dat hy nooit aan ʼn kind geraak het nie. Hy het na die kinderpornografie gekyk terwyl hy onder die invloed van tik was.

Candice Simon, die staatsaanklaer, het gesê van die foto’s en videos wat in James se besit gevind is, wys baie jong kinders wat by seksuele aktiwiteite betrokke is.

James is wel in Maart 2016 aangekeer, maar van die foto’s en videos dateer al van 2004. Simon het gesê die ontstellende foto’s en videos sal haar bybly. Sy het gevra vir lang tronkstraf.

Streeklanddros Marius Fourie het by vonnisoplegging gesê die hof het James se persoonlike geskiedenis in aanmerking geneem. Hy het bygevoeg dat James deur sy optrede die mark vir kinderpornografie bevorder het.

Hy het James se verweer verwerp dat hy slegs na die kinderpornografie gekyk het as hy dwelms gebruik het. Fourie wou weet waarom het James dan niks gedoen het om die kinderpornografie tot niet te maak wanneer sober was nie. Hy het James tot 12 jaar tronkstraf gevonnis waarvan vier jaar vir vier jaar opgeskort is.

James se naam moet ook opgeneem word in die register vir seksoortreders en hy mag nie ʼn vuurwapen besit nie.

Die polisie het hom destyds in ’n padblokkade voorgekeer. Hulle het sy voertuig deursoek en op tik en dagga afgekom en hy is in hegtenis geneem. James het toe die polisie gevra of hy sy ma kan bel.

Terwyl hy dit gedoen het, het die polisie opgemerk dat daar ’n foto van ’n naakte kind op sy foon is. Die polisie het sy foon gevat en dieselfde dag ’n lasbrief vir visentering bekom.

Sy huis is deursoek en daar is afgekom op onder meer rekenaartoerusting, DVD’s en CD’s. Die polisie het daarop beslag gelê en dit na die eenheid vir kubermisdaad in Kaapstad gestuur.

Dit is nagegaan en daar is afgekom op pornografiese materiaal. Altesaam 56 578 pornografiese foto’s van kinders en 240 pornografie-videos van kinders tussen die ouderdom van twee en 18 jaar is gevind.

Op die dwelmklagte is James tot vier jaar tronkstraf gevonnis waarvan die hele tydperk opgeskort is.

Toe James deur die polisie weggeneem is, het hy buite die hofsaal aan omstanders gesê: “Dankie dat julle gekom het.” Die organisasie Women and Men Against Child Abuse het die vonnis verwelkom, maar aangedui hulle sou wou sien dat James 15 jaar agter tralies deurbring.

Joanne Barret van die organisasie het gesê James se optrede voed die kinderpornografiemark. ʼn Swaarder vonnis sou beter gewees en ʼn sterk boodskap uitgestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Abe ·

Rollie,
My matig, die man gebruik dwelms, hy kyk na kinderpornografie, hy is uiters gevaarlik, hy is stapelgek, hy behoort mi. nooit weer in die samelewing los gelaat te word nie en jy vra waarom hy nie n vuurwapen mag besit nie!?

Roy ·

Omdat jy ‘n geskiedenis van dwelms het. Sy veragtelike voorkeur vir kinders met sy swak algemene inderskeiding- en besluitnemingsvermoë maak hom hom in hierdie twee gevalle ‘n risiko om ‘n vuurwapen te besit.

Anna ·

Ek gee nie om hoeveel berou hy het nie. Dis vieslik en siek. Dis reg dat hy tronk toe gaan. Niks kan so iets ooit verskoon nie.

Jannie ·

8 jaar is onvoldoende! Hy het lewenslange skade aan kinders aangerig met sy perversie!!! Hy moet ook lrwenslank boet!!!

Abe ·

Jannie ,
Jy is reg. Hy behoort nooit weer vrygelaat te word nie. Hy sal dit weer en weer doen sodra hy kan.

Regina ·

Dis nou nie juis so asof dit in elk geval toegelaat word dat n gevangene n vuurwapen in die tronk mag aanhou nie! Sy vonnis is vir my skokkend min!?

Nicolene Boshoff ·

Ek wil vanuit my binneste soebat dat mense moet ophou met sulke vieslike dinge…en daar is mense wat dalk hierdie berig lees wat self skuldig is hieraan. Gaan kry hulp asb en los kinders uit

jaco ·

Baie llgte vonnis as mens sy “verkeerde” velkleur in ag neem. Nes die Oscar pistorius saak: ligte vonnis as die wit oortreeder se slagoffers wit is.

Cecilia Beukes ·

Kan verkragters se name ook asseblief genoem word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.