Man tronk toe wat polisie se vuurwapens steel

Argieffoto.

ʼn Man is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die diefstal van vuurwapens tydens ʼn inbraak by ʼn polisiestasie.

Volgens lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, is Bongani Dike (41) in Maart 2018 in hegtenis geneem nadat gesteelde vuurwapens in ʼn huis naby die Peddie-polisiestasie in die Oos-Kaap gevind is. Daar is op ʼn R5-geweer, twee pistole, twee skokgranate en ammunisie beslag gelê.

“Die Valke se ondersoek het aan die lig gebring dat die vuurwapens tydens ʼn inbraak op 17 Maart 2017 by die plaaslike polisiestasie gesteel is.”

Dike se twee makkers, Bongani Sonentse (28) en Mdeni Yende (26), is ook in hegtenis geneem vir die besit van ander vuurwapens wat met dieselfde inbraak verband hou.

Dike het vir die eerste keer op 15 Maart 2018 in die hof verskyn en is later borgtog geweier.

Hy is Woensdag skuldig bevind en gevonnis tot 30 jaar gevangenisstraf vir die besit van die vuurwapens, vyf jaar gevangenisstraf vir die besit van plofstof en nog vyf jaar vir die besit van die ammunisie.

Hy sal effektief 20 jaar gevangenisstraf uitdien en is ook ongeskik verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Intussen is die saak van die onwettige besit van vuurwapens teen Sonentse en Yende nog steeds aan die gang. Hulle verhoor sal na verwagting op 4 November in die Peddie-landdroshof begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

My siening ·

30 jaar effektief 20jaar hou de hel werk jy dit uit???

Persheks Adri ·

Daai som maak nie sin nie en is dit aaneen? Lekker kry vir julle en weereens kyk hoe maklik vat jy ‘n wapen by polisie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.